Background Image
Previous Page  27 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 27 / 44 Next Page
Page Background

GRAAN SA

/

SASOL CHEMICALS (KUNSMIS)

FOTOKOMPETISIE

W

e

n

p

r

y

s

g

e

l

d

t

e

r

w

a

a

r

d

e

v

a

n

R

3

2

0

0

0

Waaraan

dink jy as jy aan

“Landbou in volkleur”

dink? Goudgeel kanola- of

sonneblomlande vol in blom?

Jong koring of mielies wat helder-

groen uit die bruin grond beur? ‘n

Pienk en oranje sonsondergang op die

plaas? Wit en swart beeste wat water by die

dam suip? Boeta wat met sy bloedrooi hemp

op die trekker ry? Of dalk Sussa met haar pers

rok wat in die wa vol mielies speel? Komaan, verras

ons met jou vertolking van 2016 se fotokompetisie-

tema “

Landbou in volkleur

”.

WAT KAN JY WEN?

Vanaf Januarie 2016 word daar vir twaalf uitgawes elke

maand ‘n wenner deur ‘n paneel beoordelaars aangewys.

Die maandelikse wenner stap weg met ‘n kontantprys

van R1 000 en die twaalf finaliste kom in aanmerking vir

R10 000 (wenner)

,

R7 000 (naaswenner)

en ‘n

derde prys

van R3 000

. Dankie aan Sasol Chemicals (Kunsmis) wat van-

jaar weer die prysgeld borg.

Stuur foto’s na

elmien@infoworks.biz

of

aan Elmien Bosch, Postnet Suite 32,

Privaat sak X10, Flamwood, 2572.

Onthou om ‘n naam, kontakbesonderhede

en byskrif vir die foto saam te stuur.

Dit ís

Landbou in volkleur

KOMPETISIEREËLS

1. Slegs amateurfotograwe (dit wil sê persone wat

nie ‘n bestaan maak uit die neem van foto’s nie) mag vir

die kompetisie inskryf.

2. Deelnemers kan ‘n maksimum van drie foto’s (waarvan die onder-

werpe verskil) per uitgawe inskryf. Indien meer as drie foto’s ingestuur

word, sal die eerste drie foto’s wat ontvang word, vir die kompetisie in

aanmerking geneem word.

3. Fotograwe kan elke maand tot en met die afsnytyd hul foto’s instuur. In-

skrywings wat ná die afsnytyd ontvang word, sal vir die volgende maand

se kompetisie ingeskryf word.

4. ‘n Deelnemer wat ‘n maandwenner is, kan vir die daaropvolgende drie uit-

gawes nie inskryf nie.

5. Foto’s wat ingeskryf word, moet uniek wees en nie oor dieselfde onder-

werp handel as foto’s wat vir ‘n ander fotokompetisie ingeskryf is nie.

Foto’s wat ingeskryf word, mag ook nie voorheen gepubliseer wees nie.

6. Inskrywings moet die tema “Landbou in volkleur” uitbeeld.

7. Die fotograaf moet ‘n fotobyskrif asook sy posadres en telefoonnommer/s

saam met die foto verskaf.

8. Persone op die foto moet geïdentifiseer word (verskaf noemnaam en van).

9. ‘n Paneel, wat bestaan uit twee professionele fotograwe asook ‘n

verteenwoordiger van

SA Graan/Grain

en Sasol Chemicals (Kunsmis),

sal die foto’s maandeliks beoordeel.

10. Slegs e-posinskrywings of foto’s wat op CD verskaf word, sal aanvaar

word. Die foto’s moet in elektroniese formaat wees, nie groter as 3 MB elk

nie, in JPG-formaat en nie kleiner as 10 cm x 15 cm nie. Indien foto’s met ‘n

filmkamera geneem word, moet dit teen ‘n resolusie van 300 dpi geskan-

deer word.

11. Gemanipuleerde foto’s (waar veranderings aangebring is) sal nie aanvaar

word nie. Om ‘n foto te sny (

crop

) word nie as manipulasie beskou nie.

12. Graan SA behou die reg voor om foto’s wat onduidelik is of nie aan die

kompetisiereëls voldoen nie, af te keur.

13. Alle inskrywings word die eiendom van Graan SA – dit sluit die CD’s

in waarop die foto’s verskaf is. Die foto’s sal in ‘n databank gebêre word

en Graan SA en Sasol Chemicals (Kunsmis) mag dit vir toekomstige

promosie-, bemarkings- en publikasiedoeleindes gebruik. Deur in te skryf,

stem die deelnemer in daartoe en geen eise van derde partye vir skending

van kopiereg kan ingedien word nie.

14. Werknemers van Sasol Chemicals (Kunsmis), Graan SA of Infoworks mag

nie vir die kompetisie inskryf nie.

SLUITINGSDATUM:

Januarie 2016: 7 Januarie

Februarie 2016: 26 Januarie