Background Image
Previous Page  25 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 25 / 44 Next Page
Page Background

Hierdie tipe navorsing is daarom belangrik

– nie net om Bt-weerstandsvlakke te bepaal

nie, maar ook om as ‘n waarskuwing te dien

vir produsente wanneer weerstand in hul

omgewing ontwikkel.

Die navorsing help ook só om die huidige

event

wat weerstandbiedende larwes be-

heer, te beskerm. Uit hierdie evaluering

kan daar dus vroegtydig gesien word wan-

neer ‘n sekere populasie die vermoë begin

ontwikkel om langer te lewe op, of wanneer

larwes die vermoë begin ontwikkel om te

oorleef op die huidige

event

.

Deur hierdie navorsing kan daar vroegtydig

opgetree word as tekens van weerstand in

die veld voorkom om totale veldweerstand

te voorkom.

Vir meer inligting, kontak die

outeur by

erasmusa@arc

.

agric.za.

1: ‘n Afrika-stamboorderlarf.

2: Larwes wat geïnokuleer word op ‘n kelk.

Dankie aan die Mielietrust wat die navorsing befonds het en die volgende persone

vir hul harde werk en toewyding: Elrine Huyser, Alicia Pretorius en Mabel du Toit.

Dankie ook vir die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) se bydrae.

2

1

Desembermaand

in die grondboonland…

LOUREINE SALOMON,

LNR-Instituut vir Graangewasse

G

een grondboonseisoen verloop dieselfde nie en die

2015/2016-groeiseisoen blyk om geen uitsondering op

die reël te wees nie. Reeds het ons in Novembermaand

‘n voorsmakie gehad van onvoorspelbare weerspatrone

waar vroeë grondboonaanplantings noodwendig opsy geskuif moes

word sodat temperature kon herstel ná sneeuneerslae op die suide-

like Drakensberge.

Die grondboonplantseisoen het dus weer eens onder druk gekom.

Dit is uiters belangrik vir die produsent om te hou by die afsnydatum

vir aanplantings om te verseker dat daar genoeg tyd vir die grond-

boonplantjies is om volwassenheid te bereik en dus ‘n ordentlike oes

te kan lewer.

Die algemene duimreël vir die afsnydatum van grondboonaanplan-

tings is 5 Desember. Slegs in gebiede waar betekenisvolle reën laat

in die seisoen voorkom, kan laat aanplantings gedoen word, maar

dan moet produsente besef dat opbrengs ingeboet gaan word.

Die volgende kan in gedagte gehou word gedurende Desember-

maand:

Grondbone begin eers 21 dae na opkoms aktief groei en nuwe

blaartjies vorm. Blaartjies wat ontwikkel het tydens opkoms, was

reeds binne die kiemplantjie gevorm. Indien daar swak opkoms

was, sal dit produsente baat om vas te stel wat die oorsaak was,

hetsy koue, plantdiepte, planterprobleme of wat ook al die geval

mag wees. Dit is nodig om uit te vind sodat toekomstige foute

vermy kan word.

Let op vir saailingsiektes aangesien dit verband kan hou met

saadbehandeling en klimaatsomstandighede sowel as wis-

selboupraktyke.

Is daar reeds gips toegedien?

Indien daar saadvermeerderingsaanplantings gedoen is, moet

seker gemaak word dat landeenhede vroegtydig by SANSOR

geregistreer word.

Voorsorg is altyd beter as nasorg. Goeie beplanning vir ‘n goeie oes

begin reeds by planttyd. Maak seker dat die grondboonplantrye

reeds aangepas is by die tipe uithaler wat gebruik gaan word aan die

einde van die seisoen. Dit kan vermorsing verminder en sodoende ‘n

beter kwaliteit oes lewer.

‘n Grondboonprodusent se voetspore moet verkieslik van planttyd

tot oestyd in die lande sigbaar wees, om sodoende

‘n kwaliteit oes te verseker. Vir enige verdere navrae,

kontak die outeur by 018 299 6333 of

SalomonL@arc

.

agric.za.

23

December 2015