April 2017
8
Goeiedag, Kleinneef!
Ek hoop dit gaan sommer voor die wind met jou.
My pa, Evert van Eeden van Wolvepan naby Gerdau (Lichten-
burg-streek), het hierdie storie oor ‘n operasie geskryf en ek het dit ‘n bietjie
aangepas.
Met vriendelike groete
Ilze Ludick
Die operasie
“Nee kyk,” sê oom Groot Koos terwyl hy sy koffie behaaglik slurp. “Ek het al
baie kere met boerdery my dinges gesien, maar nog nooit soos daardie dag in
die hospitaal se badkamerspieël nie.”
“Nou hoe so, Oom?” vra ek toe gemaak belangstellend. Oom Groot Koos sit
sy koffiebeker tydsaam neer en ek besef te laat: Hier’s moeilikheid. Ek sal dalk
my volgende afspraak moet kanselleer. Vandag gaan ek nie maklik gif verkoop
kry nie, want oom Groot Koos is lus vir gesels. En hy het tyd...
“Vrou, maak ons bekers vol en bring vir die mannetjie beskuit. Ek gaan hom my
storie vertel,” beveel hy.
Tant San sit die bak anysbeskuit voor my neer. Sy skink koffie uit die koffie-
masjien. Die moderne apparaat lyk so ontuis in hierdie ou plaaskombuis
soos ‘n vis in die woestyn. Miskien ‘n geskenk van die kinders of kleinkinders,
dink ek.
Tant San trek die suikerpot nader en ek keer vinnig: “Geen suiker nie, dankie
Tannie. Ek
bant
.” Netnou se soet koffie laat nou nog my keel brand.
Ek kan sien die tannie het nie ‘n idee wat die
Banting
-dieet is nie. “Reg,” ant-
woord sy en roer vir my drie lepels suiker in. Haar dik boarms bewe terwyl
sy melk in ons bekers gooi. Op hierdie plaas is daar nie ‘n ding soos etiket nie,
dink ek en glimlag.
Ek staal myself en vat ‘n sluk van die stroopsoet koffie. “Lekker koffie, dankie
Tannie.” Ek hét darem maniere. Ek hoop oom Groot Koos het intussen vergeet
van die storie wat hy wil vertel, want ek moet oor ‘n uur by die volgende boer
wees. Maar hy skuif homself reg op die harde kombuisstoel.
“Ja, dit was daar in 1984. Die jaar toe dit so droog was. Ek kry mos ‘n ef-
fense pyntjie net daar bokant ‘n mens se
exhaust system
, jy weet? En die vrou
boender my in die kar in en vat my dokter toe. Terwyl hy my so ondersoek,
vra die dokter my uit na die boerdery. Dit is mos maar ‘n ongemaklike besig-
heid, jong!
“Maar voor ek nog kan antwoord hoe dit met die stukkie grondjie gaan, sê hy
toe ek het ‘n gewas. Die ou vrou
pass
amper uit toe sy dit hoor. En daar
pass
hy my toe aan na die spesialis toe.
“Sommer die volgende dag al is ek in die hospitaal opgeneem. Na ek natuur-
lik my
deposit
betaal het. Hulle gee my toe ‘n bed in die saal waar die langter-
myn-sieklikes aangehou word.
“Jong, ek sak nog so lekker in die wit lakens weg, toe kom die spesialis en sê:
‘Maak jou tuis, ons
check
net gou die messe en die lemmetjies.’ Sê my, hoe
sou jy gevoel het as dit jý was wat daar moes lê – uitgelewer aan so ‘n ou se
genade?”
“Sjoe, nee, ek weet nie, Oom. Maar hulle weet mos darem wat hulle doen...”
probeer ek halfhartig troos. Die oom kan darem aandik!
“Almaskie,” val hy my in die rede. “Het jy al gehoor hoeveel mense gaan dood
onder operasie?”
Ek besluit om maar liewer stil te bly. Hoe meer ek saampraat, hoe langer gaan
hierdie storie vat. En ‘n halfuur is klaar verby.
“Elk geval,” hervat oom Groot Koos, “die
nurse
bring toe vir my so ‘n halfklaar
toga om aan te trek – so ‘n witte. Jy kan met hom gaan preek, solank jy net
nie hoef om te draai nie. En hulle sit vir my so ‘n mussie op – dit lyk of ek met
mening gaan deeg uitrol en koek bak.
“Een
nursie
kom met ‘n klein
tot
-glasie en ‘n wit pilletjie en sê ek moet sluk.
En ‘n rukkie later begin ek so l-e-e-e-kker voel. Twee sulke geheimsinnige
anties wat nie heeltemal soos nursies lyk nie, kom in met ‘n trollie en sê ek
moet spring, hulle dryf die kar slagpale toe. Maar hoe spring jy met ‘n lekker
lyf, Boetman?”
“Haai Pappa, hoe kan jy nou só vir die kind vra?” protesteer tant San.
My gedagtes dwaal na my jong dae en ek weet ek kan vir die oom ‘n hele
paar voorbeelde noem, maar ek hou my ernstig. Hier wil ek nog vanmôre ‘n be-
stelling skryf, ek kan nie die oom kwaad maak nie.
“Nee sowaar, Oom, dit kan nie maklik wees nie,” sê ek maar.
“Presies,” beaam oom Koos. “Ewenwel, toe ek daar op die trollie wegry, lyk
dit vir my so al asof my ou wederhelf solank sit en dink wat sy met die polis-
geld gaan doen, as ek dalk nie terugkom nie...”
“Hoor nou,” lag die tante verleë, “na alles wat ek al opgeoffer het!”
Ek kan hoor sy praat van meer as die hospitaal toe-ganery: Droogtes, veevrek-
tes, haelskade, stofstorms...die swaarkry lê in diep lyne op haar gesig. Ek kyk
na haar hande – groot, growwe hande wat ken van beskuit bak, hanskalwers
grootmaak en hoenders slag. Die vroue in hierdie kontrei moet hárd wees en
senuwees van staal hê.
“Die plek waar ek toe na die slagting wakker word, het my baie aan die uit-
hangkamer by ‘n slagpale laat dink,” hervat oom Koos sy storie. “Dis nou waar
jy die bees of varkie ophang na jy hom klaar geslag het. Dan staan jy so terug
en bekyk hom so krities op ‘n afstand. Nou ja, die susters het ook so gemaak.”
Ek kan nie help om te glimlag oor die oom se vergelyking nie. Dis nou tipies
boer, dink ek.
“Toe ek my ooglid oplig, word ek in ‘n ander saal gestoot om te sien wat van
my gaan word: Watter een gaan die eerste die oorhand oor my kry – die siekte
of die bankrotskap!”
“Ai, Oom, dis rof!” Ek kyk ongemerk op my horlosie: tien oor elf. Ek is klaar laat
vir my volgende afspraak.
“Maar wat ek nou eintlik wil vertel, is van die episode met die spieël,” sê
oom Koos.
Nou kan ek nie langer wag nie: “Askies Oom, kan ek net gou ‘n oproep maak?
Ek wil net my volgende afspraak ‘n bietjie aanskuif.”
“Jong, julle agentjies wil ook net geld maak. Ja man, bel. Vrou, bring daar
nog koffie!”
Toe ek terug is in die kombuis, staan daar alweer ‘n stomende beker vars
koffie. Sweerlik net so soet soos die vorige twee. Van môre af sal ek nóg minder
moet eet.
Oom Koos gaan aan asof niks gebeur het nie. “Hulle het vir my en die ou langs
my op dieselle plek geopereer. Al verskil was die grootte van die gat. Toe die
vleis-
mechanic
later die dag omkom en ons hom uitvra, toe sê hy die ander ou
se gat is so groot soos ‘n ghwarriegat en myne so groot soos Kimberley se gat.
Toe verstaan ons!
“Maar ek wou self sien hoe lyk die wond, want die susters het geswyg soos
die graf en wou nie vir my ‘n spieël vashou sodat ek kon kyk nie. Ek was ook
nog nie bankrot genoeg om my dinges sonder ‘n spieël te sien nie!
“In die badkamer was net so ‘n hogere spieël vir skeer en tandeborsel. Ek sien
toe ‘n wit
commode
op wieletjies. Versigtig bekruip ek die
commode
. Ek sou
moes mooi klim sodat ek nie val en die gat nog groter maak nie!
“Toe ek uiteindelik bo is, sien ek, ek staan met my voorkant na die spieël toe!
Toe moet ek weer omdraai. En die stoel ry met my rond...na ‘n hengse gespook
staan ek toe uiteindelik stertkant spieël toe.
KANTLYN
Op die