Background Image
Previous Page  25 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 25 / 92 Next Page
Page Background

23

April 2015

Dit het ‘n negatiewe effek op die winsgewendheid en volhoubaar-

heid van landboukommoditeitsproduksie – veral vir nuwe toetreders

tot die landbousektor. Ons moet die landbou-omgewing in ge-

heel holisties heroorweeg om ‘n omgewing te skep waarbinne

kommoditeitsproduksie kan floreer.”

Visser sê voorts die feit dat die helfte van ons plaaslike koringbe-

hoeftes op invoere aangewese is, maak ons weerloos wat stapel-

voedselsekerheid betref. Graan SA is daarom besig om alle

belanghebbendes aan boord te kry om die herlewing van ons plaas-

like produksie te fasiliteer. Wat die ander kommoditeite betref, dien

die organisasie se markontwikkeling as dryfkrag en veiligheidsnet

om produksie te stimuleer.

“Strategies het ons besluit om markte plaaslik en internasionaal

te ontwikkel om seker te maak dat die produsente die vryheid het

om meer te produseer,” verduidelik De Villiers. “Die plaaslike hoen-

derbedryf en die geelmieliebedryf groei. Die witmieliebedryf het

‘n plafon bereik, terwyl die sojabedryf baie uitgebrei het met die

nuwe olieperskapasiteit wat opgerig is. Ons wag nog vir die bio-

brandstofaankondiging – die sorghumbedryf behoort ook ‘n groot

inspuiting te kry wanneer dit gebeur. Ons is baie opgewonde oor

die groei in uitvoermoontlikhede. Die afgelope jaar het ons die

ooreenkoms met China gefinaliseer en het ons ‘n vrag mielies na

Saoedi-Arabië uitgevoer. Dit is lande wat groot hoeveelhede mielies

invoer, waarmee ons meer permanente verhoudings wil vestig.”

In ‘n omgewing wat deur verandering gekenmerk word, is vinnige

toegang tot inligting kritiek. Graan SA het daarom sy kommuni-

kasievoetspoor uitgebrei om, naas die gebruik van tradisionele

media, die effektiewe gebruik van die internet en sosiale media in

te sluit. Dit verseker ‘n onmiddellike interaktiewe dimensie en dien

ook om die gaping tussen produsent en verbruiker te oorbrug.

As sodanig sal hierdie kommunikasieskakels al meer belangrik word

in 2015.

Volgens De Villiers gaan 2015 ‘n jaar wees waar daar gepoog gaan

word om al meer op die sosiale sy van die besigheid te fokus. “Ons

het al baie gedoen wat die opleiding van plaaswerkers betref,

so ons wil nou verder gaan deur te kyk na die moontlikheid van

poswaardering vir die verskillende kategorieë van plaaswerkers,

leiding te gee in terme van salarisse en miskien ook ander werks-

voordele te verbeter.”

2015 is ook die jaar waarin grondhervorming uitgesorteer sal moet

word. As gevolg van droogtetoestande sal Graan SA baie energie

gebruik om sy lede deur die komende moeilike seisoen te dra. Voorts

sal gekyk word na die herstrukturering van die organisasie om

toenemend aan die behoeftes van produsente te voldoen.

“Graan SA gaan ‘n groot rol speel in die vereniging en genesing

van die toekomstige landbousektor en sodoende ook die res van

die samelewing beïnvloed,” aldus Steytler. “Wat ons nodig het, is

‘n eenvoudige visie vir ons toekoms, samewerking deur die bank

en ‘n ommeswaai na dié samewerking wat die hoeksteen was van

oudpresident Nelson Mandela se visie vir Suid-Afrika, waar alle

Suid-Afrikaners die uitdagings wat ons in die gesig staar aanvaar,

omdat ons op daardie manier die uitdagings met redelike gemak sal

oorkom. Die ‘ons-en-hulle’-era is, sover dit ons betref, verby en ons

moet aanbeweeg na ‘ons’.”

Ons moet aanbeweeg na “ons”

Ander voordele van die produk

Die produk belowe om maklik toeganklik te wees met die minimum

administrasie vir werkgewers. ‘n Toegewyde inbelsentrum by

Momentum hanteer alle administrasie en eise. Begrafnisdekking

word ook gewaarborg om binne 48 uur uitbetaal te word mits

die nodige dokumentasie soos verlang in orde ontvang word.

Momentum beskik ook oor ‘n aanlynstelsel wat werkgewers toe-

laat om maandeliks die veranderinge aan sy personeelkorps aanlyn

op te dateer.

Effektetrust teenoor ‘n pensioenfonds

Ná deeglike oorweging is daar besluit om eerder ‘n spaaropsie

beskikbaar te maak in die vorm van ‘n effektetrust. Lede sal merk

dat die koste rondom die administrasie van pensioenfondse baie

hoog is, veral wanneer dit as ‘n persentasie omreken word. Wanneer

die werknemer byvoorbeeld tussen R100 en R200 per maand spaar,

kan die maandelikse koste tot R20 beloop, wat uitwerk op tussen

20% en 10% onderskeidelik.

Wanneer die effek van inflasie ingereken word, beteken dit dat

pensioenfondse ‘n opbrengs van tot meer as 25% per jaar moet

behaal om te verseker dat ‘n werknemer nie agteruit boer nie.

Alhoewel effektetrusts nie beheer word deur onttrekkingsvoor-

waardes nie, gee dit steeds aan werknemers die geleentheid om

koste-effektief vir aftrede te spaar.

Vergelyk appels met appels

Wanneer produsente die produk teen ander produkte in die mark

opweeg, is dit belangrik om seker te maak dat jy appels met appels

vergelyk. Daar is verskeie voorwaardes betrokke by die tipe produkte

wat oorweeg moet word.

Wagperiodes en ander voorwaardes

As deel van die voordele wat Momentum bied, het hul ook die

wagperiodes gevrywaar met doodsdekking indien die werknemer

deel was van ‘n soortgelyke skema. Dit gee werkgewers die

nodige gerusstelling dat die wagperiodes nie van toepassing sal

wees indien die produk aanvaar word nie. Die wagperiodes se

voorwaardes verskil by die verskillende tipes dekking en jy word

versoek om noukeurig te let op onderskrywingsvoorwaardes.

Dit is ook belangrik om daarop te let dat alle permanente werk-

nemers onder die produk ingesluit moet word om te kwalifiseer.

Werkgewers kan wel verskillende opsies vir verskillende werknemers

kies, maar alle permanente werknemers moet ingesluit word.

Hoe kry ek toegang tot die produk?

Graan SA is trots om die voortou te neem in die landbousektor met

innoverende oplossings en ons moedig lede aan om deel te neem

aan die inisiatief. Opbetaalde lede van Graan SA kan die nodige

aansoekvorms aflaai op die Graan SA se webtuiste by

www.grainsa.

co.za

, onder die Ledevoordele-seksie. Lede kan ook die Momentum

toegewyde inbelsentrum skakel by 0860 333 334.

Indien jy nie ‘n lid is nie en jy graag toegang tot die produk wil kry,

kan jy gerus een van die volgende kontakte skakel by 086 004 7246

om jou lidmaatskap te aktiveer:

NAAM

E-POS

Dirk Kotze

Ledebemarker

dirk@grainsa.co.za

Hans van der Berg Ledebemarker

hans@grainsa.co.za

Toit Wessels

Ledebemarker

(Wes-Kaap)

toit@grainsa.co.za

Patricia Mahlatsi

Lede-administrasie

patricia@grainsa.co.za

Elray Stuurman Lede-administrasie

elray.stuurman@

grainsa.co.za

Willem Voogt

Bestuurder:

Bemarking en

Finansies

willem@grainsa.co.za