April 2015
20
Ons moet aanbeweeg na “ons”
G
raan SA se voorsitter en uitvoerende hoofbestuurder se
digitale boodskap, wat tydens Kongres uitgesaai is, het
die klem op samewerking gelê, want as Suid-Afrikaners
saamwerk kan ons probleme soos grondhervorming op-
los en só verseker dat daar voedselsekerheid en stabiliteit in ons
land is.
In 2014 was Graan SA se hooffokus grond en volhoubare produk-
sie. Heelwat tyd en energie het gegaan in die vestiging van ‘n holis-
tiese benadering tot grondhervorming en bewaringsgeoriënteerde
ekonomies-lewensvatbare graanproduksie.
“Graan SA is ‘n moderne organisasie met ‘n moderne benadering
tot die samelewing,” so sê mnr Louw Steytler, voorsitter van
Graan SA. “Ons verstaan die uitdagings wat ons in die gesig staar;
ons verstaan die noodsaaklikheid van transformasie in ons same-
lewing en ons verstaan die vrese en aspirasies van Suid-Afrikaners
– veral in die landbousektor. Ons probeer om die uitdagings wat
swart ekonomiese bemagtiging en grondhervorming bied, op te
los sonder om die voorreg van voedselsekerheid wat alle Suid-
Afrikaners geniet, te vernietig.
“Ons het ons verhoudings met die landbousektor se eenheidsforum,
ASUF, versterk. Ons het voorts ook kapasiteit beskikbaar gestel
sodat ons seker is daar is genoeg mense om die debat met die
regering te bevorder. Ons het ook ‘n groot debat met Agri SA, met
wie ons geaffilieer is, gehad om te verseker dat ons saamstem
oor die beginsels waarmee ons onderhandelings benader. Dit lê in
die bestek van ons invloedsfeer en ons verantwoordelikheid om
die samelewing in te lig oor die ware realiteite wat die produksie
van kommoditeite in Suid-Afrika betref, sodat hulle werklik die ware
ekonomie van landbou kan verstaan.”
“2014 was nie net ‘n gewone jaar nie. ‘n Paar fundamentele goed
het verander – en die eerste daarvan is waarskynlik grondhervor-
ming. Ek wil dit vergelyk met ‘n ou land wat oor jare geploeg is
en gekompakteer het. Nou moet daar ‘n diep skeurploeg gedoen
word om daardie grond los te kry sodat bewaringsbewerking
daarop toegepas kan word om nuwe vrug te bring. As ‘n land moet
ons ook deur so ‘n proses gaan om by ‘n nuwe bedeling uit te kom
sodat die nuwe generasie ‘n beter lewe en toekoms kan hê,” aldus
mnr Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA.
Me Jane McPherson, bestuurder: Graanprodusentontwikkelings-
program, Graan SA, lei die span wat verantwoordelik is vir die
oprigting van nuwe toetreders tot boerdery. Sy sê dat daar tans
verkeerdelik op grondhervorming, grondherverdeling en restitusie
gefokus word. “Die fokus moet eerder wees op hoe ons dit gaan
regkry dat die grond wat oorgedra word, gebruik word om by te dra
tot die bruto binnelandse produk en ons voedselmandjie. Ons het die
boere en daar is die moontlikheid van die herverdeling van grond,
maar die uitdaging lê daarin om die twee punte bymekaar te bring.”
Vir Graan SA is die fokus op die produktiewe gebruik van bewerk-
bare grond. “In Suid-Afrika het ons twee baie diverse stelsels. Daar
is die kommunale stelsel waar mense tussen een en drie, miskien
vyf hektaar grond het en aan die ander kant het ons die groot
kommersiële produsente, waarvan ‘n paar swart boere (of nuwe
era produsente) is. Gelukkig is hulle getalle aan die toeneem, maar
ongelukkig nie so vinnig soos wat ons sou wou hê nie en tot ‘n groot
mate is dit te wyte aan finansiering.”
Om van ‘n kleinboer na ‘n kommersiële produsent te beweeg, ver-
eis ‘n totale nuwe insetvlak wat lei na ‘n bottelnek in groeivloei
(sien
Figuur 1
). Dit is waar georganiseerde landbou, die regering
TERUGBLIK
Kongres
Spesiale
ADRI THERON,
SA Graan/Grain
medewerker
Louw Steytler, Jannie de Villiers, dr Marinda Visser, dr Hendrik Smith en Jane McPherson was in die DVD aan die woord.
Bestaansboere
Kleinskaalboere
Nuwe era
kommersiële
produsente
250 Ton klublede
Kommersiële
produsente
Figuur 1: Kleinboere wat vorder na kommersiële produsente ervaar ‘n
bottelnek in groeivloei.
3 500