Background Image
Previous Page  23 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 23 / 92 Next Page
Page Background

21

April 2015

Die voorsittersverslag is oudiovisueel aangebied – hier is Jannie de Villiers aan die woord.

en die privaat sektor die verskil maak.

Deur hierdie gaping te vul, sal ons by

grondhervorming verby beweeg en werklik

transformeer.

Terselfdertyd moet ons elke graan- en

sandkorrel koester; elke druppel water ef-

fektief benut. Bewaringslandbou is nie

meer ‘n opsie nie; dit het ‘n noodsaaklik-

heid geword. Dr Hendrik Smith, Graan SA

se Bewaringslandboufasiliteerder, sê die

organisasie lewer ‘n groot bydrae om hier-

die benadering tot boerdery te bevorder.

“Wêreldwyd heers daar kommer oor die ag-

teruitgang van ons natuurlike hulpbronne.

Een van die groot probleme is intensiewe

grondbewerkingsmetodes wat lei tot die

ernstige agteruitgang van gronde. In Suid-

Afrika is die grondverlies onder waterero-

sie rondom 13 ton per hektaar per jaar.

Ons verloor met ander woorde amper

3 ton grond per ton mielies per jaar wat

ons produseer. Dit is eenvoudig net nie

volhoubaar nie.

“Ons het gesien dat bewaringslandbou so

belangrik is dat ons ‘n aparte werkskomitee

binne Graan SA geskep het om hierop te

fokus en te verseker dat die inligting die produsente bereik. Ons

vorm vennootskappe met veral produsente en hulle strukture, maar

ook ander belangrike rolspelers, soos navorsers, insetverskaffers en

vervaardigers.

Ons het ook vennootskappe met internasionale rolspelers, soos

Argentinië, by wie ons baie leer oor bewaringslandbou. Op

die oomblik sien ons ‘n baie positiewe opwaartse kurwe in die

aanvaarding van bewaringslandbou – veral in gebiede waar ons

projekte in samewerking met produsente loods.”

Om die uitdagings van veranderende omstandighede in die natuur

die hoof te bied, verg voortdurende navorsing en ontwikkeling

oor ‘n wye front. “As deel van ons langtermyn strategiese plan

vir navorsing en ontwikkeling, het ons besluit om ons eie spesi-

fieke graannavorsings- en ontwikkelingsplan te ontwikkel,” het

dr Marinda Visser, bestuurder: Bedryfsdienste, Graan SA, gesê,

wat hierdie funksie binne die organisasie bestuur.

“Daar is baie navorsing oor die sewe kommoditeite wat ons

administreer – veral trustbefondsde projekte, maar ons het ook ‘n

nuwe rigting begin waar ons kyk na alternatiewe befondsing wat ons

self inisieer en waar ons netwerke van wetenskaplikes aanstel om die

navorsing vir ons te doen.

“Ons het tans twee projekte van dié aard, waarvan die een handel

oor die bestuur van springhaasrotte op mielies en die ander een is

‘n nasionale koringvoortelingsprojek wat ons doen in samewerking

met die Departement van Wetenskap en Tegnologie.”

Naas tegnologie en grondbewaring is aanpassing by ekonomiese

bewegings ‘n sleutelelement in volhoubare graanproduksie.

“Dit is ‘n realiteit dat Suid-Afrikaanse kommoditeitsproduksie in

moontlik die mees kompeterende mark in die wêreld plaasvind,

met bitter min regeringsondersteuning in die vorm van tariefbesker-

ming vir primêre produsente.

Volgens die voorsitter, Louw Steytler, probeer Graan SA om die uitdagings wat swart ekonomiese

bemagtiging en grondhervorming bied, op te los sonder om die voorreg van voedselsekerheid wat

alle Suid-Afrikaners geniet, op die spel te plaas.