April 2015
22
Finansiële welstand
vir plaaswerkers
G
raan SA en Momentum het hulle tot ‘n opwindende
strategiese vennootskap verbind wat Graan SA-lede in
staat sal stel om vir hulle en hul plaaswerkers produkte uit
te neem ten einde finansiële welstand vir hul plaaswerkers
te bring vanaf so min as R29 per maand. Hierdie is maar net een van
die voordele wat Graan SA aan sy lede bied as deel van lidmaatskap
by die organisasie.
Waarom het Graan SA die inisiatief
geneem?
Een van Graan SA se strategiese fokusareas is arbeid. Graan SA het
alreeds in 2013 begin met verskeie aksies om goeie arbeidspraktyke
te beklemtoon. Terselfdertyd is daar ook ondervind dat ‘n gebrek
aan ‘n eenvoudige, maklik toeganklike en bekostigbare oplossing ‘n
probleem is.
Graan SA het van die geleentheid gebruik gemaak om die beste
oplossing te onderhandel namens sy lede.
Wat bied die produk?
Gebaseer op navorsing in die landbousektor, gedoen deur
Momentum in 2012, is die volgende sleutelbehoeftes geïdentifiseer
in volgorde van belangrikheid:
Begrafnisdekking
Onderrigvoordeel
Hospitaal-kontantvoordeel
Lewensdekking
Ongeskiktheidsdekking
Effektetrust-spaarrekening
Tabel 1
bevat meer inligting rondom elke tipe dekking.
TERUGBLIK
Kongres
Spesiale
WILLEM VOOGT,
bestuurder: Bemarking en Finansies, Graan SA
TABEL 1: GRAAN SA SE VOORDEELOPSIES VIR LEDE EN PLAASWERKERS.
PREMIEKOSTE PER WERKNEMER
PER MAAND
OPSIE 1
R29
OPSIE 2
R55
OPSIE 3
R110
OPSIE 4
R176
OPSIE 5
R216
OPSIE 6
R289
OPSIE 7
R402
OPSIE 8
R578
Begrafnisdekking
Hierdie bedrag word uitbetaal by die afsterwe van ’n
werknemer, sy/haar lewensmaat (dekking vir tot twee
eggenote). ’n Glyskaal sal vir die werknemer se kinders
geld (dekking vir tot vier kinders). Indien die werknemer
as gevolg van ’n ongeluk sterf, sal die uitbetaalde be-
grafnisvoordele verdubbel.
Opbetaalde begrafnisvoordeel
– Werknemer sal by aftrede, of by sy/haar afsterwe ophou
om premies te betaal, maar hy/sy en sy/haar familie sal
dieselfde begrafnisvoordele lewenslank geniet.
R10 000 R10 000
Opbe-
taalde
voordeel
R20 000
Opbe-
taalde
voordeel
R10 000
Opbe-
taalde
voordeel
R10 000
Opbe-
taalde
voordeel
R15 000
Opbe-
taalde
voordeel
R20 000
Opbe-
taalde
voordeel
R30 000
Opbe-
taalde
voordeel
Onderrigvoordeel
Na afsterwe van ’n werknemer sal sy/haar kinders ’n
enkelbedrag as onderrigvoordeel per kind ontvang, wat
aan die kinders se voog betaal sal word (dekking vir tot
vier kinders).
Nul
Nul
Nul
Nul
R10 000
per kind
R10 000
per kind
R10 000
per kind
R15 000
per kind
Hospitaal-kontantvoordeel
Indien ’n werknemer vir meer as twee dae gehospitaliseer
word, sal ons ’n bedrag uitbetaal vir elke dag dat hy/sy
in die hospitaal was, tot ’n maksimum van 180 dae per
kalenderjaar. Indien hospitalisasie die gevolg van ’n chro-
niese toestand is, sal ons tot ’n maksimum van 25 dae per
kalenderjaar uitbetaal.
Nul
Nul
Nul
R200
per dag
R250
per dag
R300
per dag
R350
per dag
R500
per dag
Lewensdekking
Indien ’n werknemer sterf, sal ons die bedrae soos getoon
per opsie aan sy/haar begunstigdes uitbetaal.
Nul
Nul
Nul
Nul
Nul
R15 000 R20 000 R25 000
Ongeskiktheidsdekking
Hierdie voordeel betaal ’n 100%-enkelbedrag aan jou
werknemer uit indien hy/sy nie in staat is om voort te
gaan met sy/haar werk, of die meeste van die take wat die
werk behels nie. Afhangende of jou werknemer matig of
ernstig gestrem is, sal ’n persentasiebetaling (van 25%,
50% of 100%) van toepassing wees.
Nul
Nul
Nul
Nul
Nul
R15 000 R20 000 R25 000
Effektetrust-spaarrekening
Die volgende bedrae sal in ’n effektetrust-spaarrekening
belê word as ’n vorm van aftreespaargeld, waaruit jou
werknemers voordeel sal trek (beleggingsgelde van
1,06% per jaar).
Nul
Nul
Nul
R75
R75
R85
R150
R220