Previous Page  120 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 120 / 140 Next Page
Page Background

P

2019

118

www.nampo.co.za

Graan|Grain

AKTUEEL

SA Graan

/

Grain

redaksiespan

T

ydens NAMPO word daar niks aan die onvoorsiene oorge­

laat nie – dit geld ook vir die nooddienste wat op hulle pos

sal wees om uitstallers en besoekers met bekwaamheid en

paraatheid tot diens te wees. Sou ’n noodgeval dus kop

uitsteek, sal dit vinnig aangespreek word.

Vir mediese noodgevalle sal die bekwame en hoogs

opgeleide personeel van beide die Life Anncron-kliniek en Wilmed

Park Privaat Hospitaal slaggereed staan by onderskeidelik stand­

plaas E32 en by die Sampi-saal oorkant standplaas B37. Ambulans­

dienste sal ook op ’n gereedheidsgrondslag wees.

Sou daar probleme met

elektrisiteit, water of toilette on­

dervind word, sal dit vinnig en

doeltreffend aangespreek word

deur die Noodrapporteersentrum

wat langs die Ouditorium geleë

is. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens

(SAPD) sal ook by hierdie sentrum

en die res van die skouterrein aan diens wees om enige aangeleent­

heid wat in hulle bevoegdheidsveld val, dadelik aan te spreek.

Daar is ook voorsiening gemaak vir enige moontlike brand­

gevaar en brandweerdienste sal deurgaans reg staan om met die

geringste teken van gevaar blitsig op te tree. Met al die besoekers

wat na NAMPO toe stroom, spreek dit ook vanself dat daar verkeers­

beamptes teenwoordig sal wees om die verkeer so vlot as moontlik

te laat vloei.

Besoekers kan uitsien na ’n veilige en geordende NAMPO – met

hulp vir enige noodsituasie net ’n klipgooi ver.

Nooddienste op

hul pos en paraat

Probleme met elektrisiteit,

water en toilette kan by die

Noodrapporteersentrum

aangemeld word.

NAMPO-NOODNOMMERS

Noodrapporteersentrum: 056 516 2154

Life Anncron-kliniek: 082 821 5391

Wilmed Park Privaat Hospitaal:

083 338 1028 of 083 381 7548