1
September 2018
Medewerkers
vir hierdie uitgawe
Dr Maryke Craven, Mariëtta Cronjé, Annelize Crosby, prof Riëtte de Kock, Petrus Delport, Brian de Villiers, Jannie de Villiers, Magda du Toit, Willem JH Eigenhuis, Erik Eksteen,
prof Driekie Fourie, Petru Fourie, Alzena Gomes, Justin Hatting, dr Elbé Hugo, Miekie Human, dr Astrid Jankielsohn, ds Koos Kirsten, Dirk Kotze, Erna Kruger, Louise Kunz,
Corné Louw, Gerrie Ludick, Temakholo Mathebula, Wilma Mac Pherson, Lize Morris, Karina Muller, Charné Myburgh, Nokulunga Mzimela, Hestia Nienaber, Jolanda Nortjé,
dr Nancy Ntidi, Cobus Olivier, dr Hugo Opperman, Maretha Pretorius, dr Goddy Prinsloo, Marius Ras, Owen Rhode, Lisa Rothmann, dr Jeanetta Saayman-du Toit, Gerrie Smit,
dr Hendrik Smith, Sean Stiles, Liana Stroebel, dr Dirk Strydom, Elrine Strydom, dr Tarekegn Terefe, Adri Theron, Johan van Biljon, Luan van der Walt, Marlene van der Walt,
Peet van der Walt, dr Wynand J van der Walt, Johann van der Vyver, Melanie Verwoerd, Francois Viljoen en dr Tingmin Yu
o
ns oudste het binnekort ‘n eerste entrepreneursdag by die
skool. (Sussa kan dié woord beswaarlik uitspreek – om nie
eens van spel te praat nie!) Die kinders kan dié dag enige
iets by die skool verkoop – ‘n ideale geleentheid om ‘n eks
tra sakgeldjie te verdien.
Daar is wel ‘n paar reëls: Geen elektriese apparate (byvoorbeeld ‘n
mikrogolf of braaipan met warm olie) mag gebruik word nie; lewen
dige diere (soos sywurms, kuikens, muise of goudvisse is taboe – glo
nie Mamma gaan te opgewonde wees as Boetie met ‘n muis by die
huis aankom nie!) en so ook eet- of drinkgoed (byvoorbeeld inspuitings
met bestanddele of lekkergoed sigarette) wat teenstrydig met die skool
se beleid is. Verder moet hulle sorg vir hulle eie kleingeld en tafels
waarop die ware uitgestal word – en geen ouer mag die dag by die
skool hul kind help nie.
Vir die kinders (of eintlik die ma’s!) is dit ‘n senutergende besigheid.
Daar moet beplan word watter produk/te hulle gaan verkoop (dit
moet uniek, maar ook gewild onder die kinders wees); hoeveel hulle
daarvan moet maak of aankoop (dit is immers ‘n groot skool met 1 000
plus leerders – daar kan nie te min produkte wees nie, maar ook nie te
veel nie, want dan is jy óf binne die eerste vyf minute uitverkoop óf jy sit
na die tyd met ‘n vrag voorraad) en dan natuurlik wat hulle daarvoor
moet vra: Jy moet ten minste jou onkoste dek, maar jy wil darem ook
‘n wins maak vir al die harde werk wat daarin gegaan het. Verder moet
hulle hul produkte self bemark...klink dit nie amper soos boerdery nie?
Winsgewende graanproduksie is onder geweldige druk en die mie
lieprodusent sal vernuwend moet dink om finansiële oorlewing
te verseker. In dié uitgawe doen Petru Fourie (Graan SA) ‘n produk-
siekoste-uiteensetting en winsgewendheidsvergelyking tussen
somergrane vir die verskillende produksiestreke. Die beraamde
produksiekostes (veranderlike sowel as vaste koste) vir die komende
produksieseisoen word uiteengesit en die tabelle en grafieke verge
lyk die insetkoste per item, gelykbreekpryse en opbrengste, asook
bruto marges.
Volgens Petru moet ‘n begroting nie as ‘n rigiede, vaste plan beskou
word nie, maar wel as ‘n bestuurshulpmiddel tydens besluitneming.
Produksiekostes verskil radikaal van buurman tot buurman weens elke
graanprodusent se unieke stelsel, die tipe boerderyeenheid en die
produksiepraktyke en daarom word elke produsent aangeraai om sy
eie somme te maak en daarvolgens besluite te neem.
Ja, ek weet: ‘n Mens kan glad nie ‘n Graad 5 se entrepreneursdag
met ‘n boerdery se omvang, beplanning en risiko vergelyk nie, maar
vir die kleintjies is dit ‘n belangrike leerskool en net so groot soos
“boer”. Baie sterkte aan elke produsent vir sy beplanning so aan die
vooraand van die nuwe somersaaiseisoen.
Lekker lees tot aanstaande maand.
Estie de Villiers,
redakteur
voorpunt
Ontmoet ons
medewerkers...
M
et strooptyd verby en die meeste graan
gelewer, het produsente ook getrou hul
heffingsbydrae gelewer.
DIRK KOTZE
(Graan SA)
het ‘n paar produsente genader om aan mede
produsente te vertel wat Graan SA vir hom/haar as
produsent beteken en ook waarom produsente tot
die heffingsfonds moet bydra. Meer op
bladsy 26
.
D
aar word gereeld na die Jobs Fund en
Graan SA se betrokkenheid by hierdie projek
verwys, maar die omvang hiervan is vir meeste
van ons nog onbekend.
LIANA STROEBEL
(Graan SA) deel in die artikel op
bladsy 22
‘n paar
interessante feite en statistieke oor die projek.
V
olgens
ELRINE STRYDOM
(LNR-Graangewas
se) is dit belangrik dat ‘n mens gedurende die
ontkieming en opkoms van ‘n mielieplantjie bewus
sal wees van insekte wat skade daaraan kan aanrig
en om pro-aktief op te tree om dit te verhoed.
Op
bladsy 67
gee sy ‘n kykie na insekplae op
mieliesaailinge.
A
ssessing the efficacy of pest management is a
very important part of monitoring. An efficient
monitoring programme will enable producers to
prevent or minimise pest outbreak and economic
damage to a crop and save costs due to unneces
sary control.
DR ASTRID JANKIELSOHN
(ARC-
Small Grain) elaborates on this on
page 56
.
k
ARINA MULLER
is op Lichten
burg gebore, het gematrikuleer
aan Hoërskool Rustenburg en het
die grade BA en MA (Kommuni
kasiekunde) aan die Noordwes-
Universiteit behaal. Sy het haar
joernalistieke loopbaan (van verslaggewer
tot redakteur) by ‘n prominente uitgewer
begin, was later bemarkingsbestuurder by ‘n bekende apteekgroep
en skakelbeampte vir AngloGold Ashanti in Mali. Sy geniet veral die
kreatiewe aspek van skryfwerk en natuurlik die wonderlike mense
wat haar pad in die proses kruis.
Sy hou nie daarvan om stil te sit nie: Jy sal haar altyd vind met iets
in die hand, hetsy ‘n pen, boek, hekelpen, skilderkwas of roerspaan.
Karina is getroud met Peet van Schalkwyk, ‘n metallurgiese inge-
nieur en is ma vir Kara (12). Die gesin het al in Mali, Tanzanië, Ghana
en Turkye gewoon en reis graag.
Vir die uitgawe het sy die bekendstellingsfunksie van Bastion byge-
woon – sien
bladsy 108
.