Previous Page  110 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 110 / 132 Next Page
Page Background

September 2018

108

Nuwe naam, selfde toewyding

N

a 50 suksesvolle jare in die landboukalkbedryf, het Gras­

land onlangs hul nuwe naam en logo aan rolspelers in die

bedryf bekend gestel. Die onderneming staan voortaan

as Bastion bekend.

Tydens ‘n spoggeleentheid vroeg in Augustus in Klerksdorp, het

die direksievoorsitter, mnr Lemmer Vermooten, gesê die onder­

neming het die afgelope drie jaar ‘n groot bydrae gelewer ten

einde steeds die leier in ‘n veranderende mark te wees. Aanlegte

is opgegradeer, bedryfspunte is verbeter met die oog daarop om

‘n groter afsetgebied te verseker en produkte is uitgebrei.

“Ons gaan die drie jaar se belegging benut en die maatskappy uit-

brei na een waarop almal trots sal wees.”

Mnr Etienne Schoeman (besturende direkteur) het op sy beurt

gesê die markplek het verander en dit was derhalwe nodig om te

herkalibreer en effektiewer met hul klante te skakel.

Bastion se fokus is steeds op die dinamiese groei van hul klante op

elke vlak van die waardeketting in hul strewe na voedselsekerheid.

Kortom, Bastion is ‘n nuwe naam vir ‘n nuwe era met dieselfde

kerngesonde grondbeginsels, soos wat daar in die onderneming se

nuwe radio-advertensie bevestig word.

Volgens ‘n video-aanbieding wat tydens die geleentheid vertoon

is, beklemtoon die nuwe naam die standvastigheid van die on­

derneming. Bastion beteken letterlik die versterking in die muur

van ‘n fort. Voorts is die naam relevant in Afrikaans en Engels en

sterk genoeg om die toets van die tyd te deurstaan.

Die nuwe logo beeld ‘n bastion in groen en wynrooi uit en die

slagspreuk is: ”Grondslag vir groei“.

aktueel

Karina Muller,

SA Graan/Grain

medewerker

Gesondheid! Piet Prinsloo en dr Pieter Haumann (regs) wat onderskei-

delik 21 jaar en 20 jaar lank aan stuur van sake by Grasland was, klink

saam met hul eggenotes, Rita en Amari, ‘n glasie op Bastion se blink

toekoms.

Ben Krog (bemarkingsbestuurder: Bastion) by Claude Möller (sake-

ontwikkelingskonsultant) wat as gasspreker by die geleentheid in

Klerksdorp opgetree het.

Voormalige hoofbestuurders van Grasland, Piet Prinsloo (regs) en

dr Pieter Haumann (tans hoof uitvoerende beampte: Fertasa) wys hoe

beïndruk hulle is met die nuwe rigting wat die onderneming ingeslaan

het. By sy voorgangers is Etienne Schoeman (middel).

Bastion-personeel kyk toe hoe Marius Maritz (bedryfsbestuurder:

Bastion) die verjaardagkoek sny. Heel regs is Francois Strydom (hoof

uitvoerende beampte van Senwes) wat die heildronk op Bastion

ingestel het.

Produkinligting