Previous Page  108 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 108 / 132 Next Page
Page Background

September 2018

106

Verwagte klimaat vir

die

lente

en

somer

S

oos wat die winter einde se kant toe staan, verskuif ons

fokus na die verwagtinge vir die somerreënvalgebiede.

Terwyl einde-wintervoorspellings vir die winterreënval­

gebiede nog steeds onseker is, is daar tekens dat daar

bonormale reën vir gedeeltes van KwaZulu-Natal, Oos-Kaap, Noord-

Kaap, Vrystaat, Noordwes Provinsie en Limpopo gedurende laat

lente (Oktober, November en Desember) (

Figuur 1,

middel) verwag

kan word.

Die reënvaltotale begin ook gedurende hierdie seisoen – veral

in die oostelike gedeeltes van die land (Figuur 1, regs) – optel.

Bonormale maksimumtemperature word regoor die land verwag

en daar word verwag dat dit ‘n beduidende impak gaan hê, aan­

gesien maksimumtemperature gedurende hierdie seisoen drasties

begin toeneem (

Figuur 2

).

Daar word verwag dat ‘n hoër frekwensie van hittegolwe kan

voorkom as gevolg van die voorspelde warmer omstandighede

– wat ‘n groot risiko vir landbou kan inhou.

Ongelukkig is die huidige verwagtinge vir die middel en laat

somerseisoen (Desember, Januarie en Februarie en Januarie, Fe­

bruarie en Maart) nie goed nie. Met die voorspelde aankoms van

‘n El Niño-fase gedurende die somerperiode, is die aanvanklike

verwagting ‘n droër en warmer somerseisoen.

Voorspellings strek op hierdie oomblik nog nie ver genoeg vir

enige sekerheid oor die impak van die voorspelde El Niño (

Figuur 3

)

nie, maar die publiek en veral die landbousektor, word aangeraai om

sover moontlik voorsorg te tref sou daar ‘n tipiese impak van droër

en warmer omstandighede gedurende die somer voorkom.

Tans is die verwagting nie dat die impak so erg sal wees soos

gedurende die 2015/2016-periode nie, aangesien die damvlakke

vir die somerreënvalgebiede redelik hoog is vergeleke met die lae

vlakke in 2015, alhoewel daar wel ‘n beduidende impak op reën-

gevoede landbou kan wees.

aktueel

Cobus Olivier,

wetenskaplike: Voorspellingsnavorsing, Suid-Afrikaanse Weerdiens

Figuur 1: Reënvalvoorspellings vir Suid-Afrika vanaf Oktober tot Desember vanjaar, gegewe die mees waarskynlike uitkoms kragtens bo- en onder-

normale reënval. Die middelste figuur wys waar die voorspellingsisteem nie voldoende vaardigheid het om betroubare voorspellings te maak nie

(verwys na wit kleur). Die figuur aan die regterkant wys die normale klimatologiese reënval vir Oktober, November en Desember in mm.