

November 2018
68
OP PLAASVLAK
Bestuurspraktyke
PRAKTYK
HUIDIGE NETTO WAARDE VAN STELSEL PER HEKTAAR
Monokultuurstelsel: 100% jaar-op-jaar-mielies
R2 598
50%-russtelsel: 50% lande met mielies en 50% ruslande
R2 454
33%-russtelsel: 33% lande met mielies op oorlêlande, 33% lande
met mielies-op-mielies en 33% ruslande
R2 502
Weidingstelsel: 12,5% lande met mielies op gebraakte weidings-
lande, 12,5% lande met mielies op tweede-jaar-gebraakte wei-
dingslande, 12,5% lande met mielies-op-mielies waar die weiding
saam gevestig word en 62,5% lande met permanente aangeplante
weiding vir vyf jaar voor omskakeling
R3 012
50%-dekgewasstelsel: 50% lande met mielies en 50% lande met
dekgewasse
R3 320
33%-dekgewasstelsel: 33% lande met mielies op dekgewaslande,
33% lande met mielies-op-mielies en 33% dekgewasse na mielies
R3 430
Lusernweidingstelsel: 12,5% lande met mielies op gebraakte lusern-
lande, 12,5% lande met mielies op tweede jaar gebraakte lusern-
lande, 12,5% lande met sojabone op mielies waar die lusern saam
gevestig word en 62% lande met permanente lusernweiding vir vyf
jaar voor omskakeling
R4 170
Die inligting wat in die stelselvergelykings
gebruik is, is vanaf produsente verkry en
is aangepas met die begrote inligting vir
2018/2019. Ten einde die kontantvloei
te optimaliseer, word aanvaar dat die
plantkoste twee keer toegedeel word – 55%
gedurende Desember en 45% gedurende
April.
Voorsiening is gemaak om die oorlêlande
vyf keer skoon te maak en die koste is ook so
verdeel. Die weiding se vestigingsuitgawes
is gedurende Maart toegedeel, terwyl die
bemestingskoste deur die jaar versprei
is. Daar word aanvaar dat alle inkomstes
gedurende Junie realiseer – en is so
aangeteken. Die inligting verteenwoordig
die kontantvloei ten einde die huidige netto
waarde te bereken.
In
Tabel 2
op bladsy 66 word die direk-
allokeerbare
koste,
-opbrengste
en
graanpryse vir elke stelsel getoon. Die uit-
werking van klimaat en inflasie is buite
rekening gelaat. Daarom word aanvaar
dat die mielies elke jaar dieselfde pro-
duksievlakke handhaaf en dat die
produksiekoste dieselfde bly.
Ten opsigte van weidingstelsels is die
volgende aannames gemaak:
Die weiding word saam met die derde-
jaar-mielies gevestig.
Daar word een jaar hooi van die weiding
gemaak.
Die weiding word, soos benodig, vir die
opbrengs bemes.
Om die inkomste van die weidingstelsel
maklik te bereken en om die impak van
verskillende veestelsels uit te skakel, is
aanvaar:
Dat die weiding as hooi verkoop
word en dat ’n ekstra 10% bygetel
word om die ekstra toegevoegde
waarde te verteenwoordig; en
slegs bemestings- en toedienings-
koste toegedeel word.
Tabel 3
toon die resultate van die ontle-
dings. Uit Tabel 3 kan ons aflei dat daar nie
groot verskille in die winsgewendheid van
die russtelsels is nie. Dit wil voorkom asof
die 33%-russtelsel dalk ’n bietjie beter as die
ander stelsels presteer.
Die veestelsels waar die vee permanente
weiding benut, se winsgewendheid is
aansienlik hoër as dié van die russtelsels.
Sodra vee, wat die koste van die braak-
stelsels en weiding kan verlaag, in die
stelsels opgeneem word, styg die winste
skerp. Deur weiding in te bring, word die die
winsgewendheid verhoog. Hou in gedagte
dat die kapitaalbehoefte van die veestelsels
ook dramaties hoër is.
Die gebruik van lusern in die stelsel verhoog
die winsgewendheid aansienlik. Aangesien
die lusernstelsel nie groot uitgawes benodig
nie, is die inkomste ook verreweg die
hoogste. Wees egter bedag daarop dat dié
stelsel se kapitaalbehoefte as gevolg van
die vee, hoog is.
Samevatting
Uit hierdie inligting is dit duidelik dat ander
aspekte soos risiko, kapitaalbenodighede,
bedryfsverwagtinge en talle ander ’n groter
rol sal speel as wat die winsgewendheid van
die stelsels impliseer.
Daar is ook groot verskille tussen die
hoeveelheid bedryfskapitaal wat die
verskillende stelsels benodig. Die vee-
stelsels benodig heelwat meer bedryfs-
kapitaal as die gewasstelsels, omdat vee
gebruik word om die weiding in geld te
omskep.
Moenie te vinnig probeer omskakel tussen
stelsels nie. Probeer om nie meer as 10% in
jaar een om te skakel nie. In jaar twee kan
20% omgeskakel word.
Groter oorskakelings kan daarna volg. Wat
die veestelsels betref, sal kontantvloei
die bepalende faktor wees. Hierin sal elke
individu sy eie strategie moet bepaal.
Vir meer inligting kontak die outeur by
082 759 2991.
Alternatiewe produksiestelsels noukeurig betrag
TABEL 3: RESULTATE VAN DIE VERGELYKINGS TUSSEN VERSKILLENDE STELSELS.