Previous Page  72 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 72 / 84 Next Page
Page Background

April 2018

70

Maak seker jy voldoen aan die

brandwet

D

ie Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande (Wet 101 van

1998) is hierdie jaar 20 jaar oud. Heelwat vrae oor

wat die implikasies van die wet vir hulle is en wat hulle te

doen staan word steeds deur produsente gevra.

Dit is kommerwekkend dat só ‘n mate van onkunde bestaan oor

wetgewing waaraan grondeienaars reeds twee dekades lank be-

hoort te voldoen. Deur die wet en sy implikasies so bietjie uit te

pluis kan ons sin daarvan maak en sien dat hierdie stuk wetgewing

eintlik ‘n uiters handige stuk gereedskap is in die produsent se

deurlopende risikobestuursplan en die aksies wat hy moet uitvoer

om sy eiendom te beskerm.

Dit is amper soos ‘n handleiding vir brandbestuur op die plaas, nie

volledig nie, maar definitief ‘n duidelike maatstaf vir die minimum

wat gedoen moet word.

Die logiese beginpunt sou wees om te verstaan wat die wetgewer

se doel met die wet was en steeds is. Die doel van hierdie wet is

om veldbrande, bosbrande en bergbrande te voorkom en te bestry.

Die wet maak voorsiening vir ‘n hele handvol maniere, mense en

metodes om dit reg te kry. Nie-voldoening kan jou ‘n swaar boete of

selfs tronkstraf op die hals haal.

So, wat sê die wet dan nou eintlik? Indien ‘n brand op jou eiendom

kan begin of daaroor versprei, het jy ‘n plig om aan die wet te

voldoen. Dit beteken jy moet darem voldoen aan die volgende

basiese vereistes:

‘n Brandbaan op die grens van jou eiendom, wat “lank genoeg

en breed genoeg moet wees om redelikerwys die verspreiding

van ‘n brand te kan voorkom”, is dié deel waaraan ons almal

altyd dink. Jou buurman het dieselfde plig – wat dan beteken

dat daar as’t ware ‘n dubbele baan op die grens sal wees

(weerskante van die draad). Dit is belangrik om te weet dat

“eienaar” hier ook huurder beteken.

Die brandbaan hoef nie gebrand te word nie, maar kan ook

skoongeskoffel of chemies behandel word om dit skoon en

vry van brandbare materiaal te maak. Die wet gee egter vir jou

die ruimte om dit alles te doen met inagname van die plaaslike

klimaat, weerpatrone, terrein en plantegroei. Onthou: Jy mag nie

gronderosie veroorsaak nie.

Jy moet werkers met beskermende klere hê – en die nodige

toerusting beskikbaar om brande te bestry.

In die geval van ‘n brand moet jy jou bure en ander be-

langhebbendes onmiddellik laat weet.

Jy moet alles in jou vermoë doen om die brand te bestry en te

verhoed dat dit versprei.

Ek dink nogal hierdie lysie is, alhoewel voorgeskryf deur die wet,

eintlik ‘n logiese lys van aspekte wat in plek moet wees alvorens

die gevaartyd begin.

Brandbestrydingsvereniging

Daar is natuurlik dan die vraag wat almal vra en dit is of dit

enige sin maak om aan ‘n brandbestrydingsvereniging te

behoort. As ek al die bogenoemde voldoen, dan is ek mos reg?

AKTUEEL

ANDRIES WIESE,

hoof: Landbou, Hollard

Kontrolelys

As jy in beheer van die grond (huurder of eienaar) is, dan is jy volgens die wet verantwoordelik vir die brandbestuur op

die plaas. Gebruik dié kontrolelys om jouself af te vra of jou voorbereiding vir die brandseisoen in plek is:

WAT

JA NEE

Brandbane op grens of soos per goedgekeurde plan?

Buurman ingelig/betrokke/ooreengekom?

Datum binne toegelate grense en brandpermit bekom?

Toerusting in plek?

Personeel opgelei/voldoende?

Toesig?

Reël hulp van brandbestrydingsvereniging/Working on Fire/plaaslike owerheid/rampbestuur

Erosiebestuur?

Beskerming van plantegroei byvoorbeeld groot bome op grens?

Is my brandbestrydingsvereniginglidmaatskap in plek?

Is my versekeringsdekking behoorlik hersien?