March 2012
– ‘n Kykie in die kristalbal
ESTIE DE VILLIERS, ASSISTENT-REDAKTEUR, SA GRAAN/GRAIN
Produsente stem saam: Goeie gehalte saad lewer eenvoudig beter opbreng-
ste. Om dus die beste kultivarpakket vir sy boerderyonderneming saam te stel, benodig ‘n produsent voldoende inligting oor die vrystelling van nuwe, mededingende kultivars en kultivarprestasie.
SA Graan/Grain het vir die spesiale fokus op saad by die saadverskaffers gaan aanklop om uit te vind watter nuwe tegnologie in die vooruitsig gestel word en waarop saadverskaffers in die teling van nuwe kultivars fokus. In hierdie artikel word so ‘n voorsmakie van wat produsente die volgende vyf jaar kan verwag, gegee.
Toekomsvisie
Al die saadverskaffers is optimisties oor die toekoms en is dit eens dat voed-
selsekerheid een van die belangrikste faktore is waaraan aandag gegee word en waarom daar so op produksie en opbrengs in die teelprogramme gehamer word.
Soos wat Willem Engelbrecht (hoofbestuurder: Pioneer Hi-Bred RSA) dit stel: “Wêreldvoorrade vir mielies, sojabone en sonneblom is laag en die wêreld kan nie meer misoeste bekostig nie – dan gaan daar fisiese tekorte wees. Die VSA wat die prysbepalers in die mark is, se voorneme is om meer mielies as sojabone die komende seisoen te plant, maar dit gaan nie wêreldvoorrade in ‘n oorskotsituasie plaas nie.”
Ook Pannar Saad voorsien ‘n uitstekende toekoms vir mielies, sonneblom, sojabone en koring, grootliks as gevolg van ‘n groeiende wêreldbevolking.
“Afrika se bevolkingsgroei word geprojekteer om te verdubbel na 2 miljard mense teen 2050 en sal dan ongeveer 22% van die wêreldbevolking uitmaak.
“Namate lewenstandaarde verhoog, veral in die ontwikkelende wêreld, ver-
ander eetgewoontes na meer graan-intensiewe voedselsoorte soos vleis, pluimvee en suiwel. Dit, tesame met alternatiewe gebruike, soos biobrand-
stowwe, verhoog die wêreldvraag na graan en oliesade nog verder. Ten spyte van die ekonomiese insinkings in veral Europa en Amerika, handhaaf
‘n aansienlike aantal ontwikkelende lande in Afrika, Suid-Amerika en Asië steeds goeie ekonomiese groeikoerse van 5% en hoër.
“‘n Geskatte 60% van die wêreld se onbenutte bewerkbare landbougrond
is in sub-Sahara Afrika. Die grootste geleenthede om mielie-opbrengste dramaties te verhoog deur die gebruik van beter genetika, tegnologie en boerderypraktyke, is ook in sub-Sahara Afrika.
“Ons glo dat daar in die afsienbare toekoms potensiaal sal wees vir verhoog-
de mielieproduksie in Suid-Afrika. Aanplantings kan ten minste met 500 000 ha na 1 000 000 ha verhoog word indien ons moontlike alternatiewe gebrui-
ke, nuwe uitvoermarkte en die voordele van verbeterde genetika, tegnologie en gevorderde landboupraktyke ten volle kan benut,” het Deon van Rooyen (besturende direkteur: Pannar Saad) gesê.
“Tans is daar ook nog heelwat ruimte om sonneblom-, sorghum- en soja-
boonaanplantings in die toekoms betekenisvol uit te brei. Suid-Afrika is steeds ‘n netto invoerder van koring, terwyl ons selfonderhoudend behoort te wees, maar dit sal afhang van politieke bereidwilligheid om ons plaaslike koringbedryf doeltreffend by te staan, ook teen gesubsidieerde koring-invoere.
“Indien ons visie as insetverskaffers en ook as produsente, verder as die Suid-Afrikaanse grense strek om ook die res van sub-Sahara Afrika in te sluit, lê daar ongetwyfeld ‘n blink toekoms vir ons voor,” verduidelik Van Rooyen.
Link Seed se toekomsvisie, wat mielies en sojabone betref, is baie optimis-
ties. “Die vraag na voedsel sal drasties in die toekoms toeneem. Daar is onbeperkte geleenthede wat betref die verwerking van mielies en veral sojabone,” aldus Pieter Herbst (besturende direkteur: Link Seed).
Koring
Volgens Patrick Graham (direkteur: Kommersieel, Sensako) word geskat dat die wêreldbevolking teen 2050, 9,07 miljard (dit kan tot so hoog as 11 mil-
jard styg) sal wees en dat 62% van dié mense in Afrika, Suid-Asië en Oos-Asië sal woon.
“Volgens die Verenigde Nasies se Organisasie vir Voedsel en Landbou (FAO), moet die huidige wêreldvoedselproduksie teen 2030 (18 jaar van nou af) met 40% verhoog en teen 2050 met 70% en dít in ‘n wêreld wat gekenmerk word deur veranderende weerpatrone, toenemende siektepatrone en vlakke van weerstand.
“Daar word geprojekteer dat die vraag na koring in die ontwikkelende lande teen 2050 met 60% gaan verhoog. Gegewe die geskatte tendense in die wêreld se bevolking en voedselproduksie, is dit waarskynlik dat groter ver-
troue in die toekoms geplaas sal word op plaaslike koringproduksie waar meer as 50% van die huidige koringverbruik van invoere verkry word,” meen Graham.
Dr Cobus le Roux (algemene bestuurder: LNR-Veldgewas-divisie) stem saam. “Koring is Suid-Afrika se tweede belangrikste stapelvoedsel en bly ‘n inte-
grale deel van ons daaglikse dieet. Gedurende die wêreldwye koringtekort in 2008, was dit baie duidelik gemaak met betogings in sekere van die ontwik-
kelende en arm lande.
“Wat nog ‘n groter impak gemaak het, is dat bekende koring-uitvoerlande, soos Argentinië, hul deure vir uitvoere gesluit het en dit het Suid-Afrika as netto koring-invoerder in ‘n geweldige kwesbare posisie geplaas. Om te verhoed dat dit weer gebeur, is dit baie belangrik dat Suid-Afrika meer voed-
selseker word, as wat tans die geval is.
“Suid-Afrika het die mark en die produsente en soos die pas afgelope seisoen weer eens bewys het, het ons die kultivars om kompeterend te wees. Die Noordwes Provinsie, Vrystaat, Rûens en die Swartland het opbrengste van meer as 4 ton/ha gerealiseer, terwyl daar in die koeler besproeiingsgebiede opbrengste van meer as 10 ton/ha was.
“Desnieteenstaande die geweldige aanvraag na wintergewasse, sal die toekoms daarvan bepaal word deur die gewas se kompeterendheid, produksie en die gehalte van die ondersteuning wat die navorsingskader ontvang,” het Le Roux gesê.
Waarmee is die saadmaatskappye besig?
Agricol wil konstant grense verbreed deur verbeterde basters vry te stel
– RIAAN ROSELT, BESTUURDER: KUSSTREEK, AGRICOL
Agricol is een van slegs twee saadmaatskappye wat ‘n volwaardige sonne-
blomteelprogram bedryf. Ons toekomsvisie vir sonneblom is om konstant
die grense te verbreed deur voortdurend verbeterde konvensionele, hoë oleïensuur- en Clearfield basters vry te stel.
Ons Impak mieliereeks bestaan uit ‘n volledige graanmieliereeks, wit en
geel, wat ook die volle spektrum van groeiseisoenlengtes dek. GMO-basters van die gewilde kultivars vorm deel van die pakket en sluit RR-, Bt- en BR-kultivars in.
Kanola
As markleier in die Wes- en Suid-Kaap, is ons een van die hoofrolspelers in die kanolabedryf. Ons is die alleenverspreiders van die eerste “alles-in-een” geregistreerde saadbehandelingspakket wat beskerming teen die aanslag van insekte en siektes vroeg in die seisoen bied.
Vanjaar beskikbaar
Mielies: IMP 51-92R (vinnig, Roundup Ready, geel, droëland en besproeiing); IMP 52-11B (Vinnig, Bt, wit, droëland, produktiewe spruite); SC 719 (spesialis wit kuilvoer baster, goeie staanvermoë en opbrengs) en SC 608 (spesialis geel kuilvoerbaster, uitstekende opbrengs en kwaliteit).
Sonneblom: Agsun 5176 CL
Kanola: Monola-kultivars
Nuut in die pyplyn
Mielies: Nuwe wit meerkoppige mieliebasters met Bt, RR en stapelgene sal eersdaags in die weste vrygestel word. In die ooste word gekonsentreer op geelmieliebasters met hoë graanopbrengs en goeie staanvermoë.
Sonneblom: Daar is ‘n groot aantal nuwe linoleïensuur (AGSUN5270, AGSUN5271 en AGSUN5279), hoë oleïensuurbasters (AGSUN5674HO, AGSUN5675HO, AGSUN5676HO, AGSUN5677HO) asook Clearfield basters (AGSUN5171CL, AGSUN5172Cl en AGSUN5173CL) wat eersdaags nuut op
die mark gaan wees.
Soja: Verskeie nuwe vrystellings sal reeds vanaf 2013 in die sojamark be-
skikbaar wees. Hierdie kultivars is van die beste materiaal wat beskikbaar
is in Argentinië en Brasilië met baie goeie opbrengspotensiaal, siekte-
verdraagsaamheid en is goed aangepas in die oostelike produksie-area
van Suid-Afrika.
Nuwe tegnologie
Groot vordering word vir die Clearfield tipe sonneblom in die vooruitsig ge-
stel. Wat kanola betref, moedig ons produsente aan om saad met Cruiser OSR te behandel vir die beste resultate.
Teelprogram
In ons teelprogram fokus ons op opbrengs asook ander eienskappe wat aan opbrengs gekoppel word, naamlik staanvermoë, siekteverdraagsaamheid, droogtetoleransie en aanpasbaarheid. Daar word ook gekyk na siektes wat ‘n invloed op die opbrengs van die kultivar het.
Die LNR-KGI wil help om in die kortste moontlike tyd meer gevorderde kultivars aan die bedryf vry te stel
– DRS COBUS LE ROUX, ANDRÉ MALAN, ANNELIE BARNARD, EBEN VON WELL, IAN HEYNS, KLAUS PAKENDORF, VICKI TOLMAY, ASTRID JANKIELSOHN, MNRE BAREND WENTZEL, ROBBIE LINDEQUE, SCOTT SYDENHAM, ME CATHY DE VILLIERS EN CHRISSIE MILES, LNR-KGI
Die LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI) is deurlopend besig om nuwe tegno-
logie te ondersoek, te toets en te implementeer waar moontlik. Die aanwen-
ding van hierdie tegnologie versterk beide die navorsingsvermoë van die instituut en help die teelprogramme om in die kortste moontlike tyd meer gevorderde kultivars aan die bedryf vry te stel.
Tans is die LNR-KGI besig met die implementering van twee tegnieke, naamlik die vloeistofchromatografie (high performance liquid chromatography) – (HPLC) – en die gerekenariseerde mixograaf, wat die teelprogramme ondersteun.
Dié tegnieke stel die telers in staat om in vroeë generasies van die teelpro-
gramme reeds ingeligte seleksies te kan maak rondom proteïenverhoudings, sowel as proteïen-tot-styselverhoudings – wat belangrik is vir broodbak-
kwaliteit.
Teelprogramme
Die LNR-KGI se teelprogramme fokus voortdurend op die ontwikkeling van kultivars met hoë opbrengspotensiaal en uitstekende broodbakkwaliteit vir die plaaslike industrie, wat tegelykertyd insetkoste en risiko verlaag.
Die belangrikste eienskappe wat aangepreek word, is opbrengs en brood-
bakkwaliteit. Om insetkoste te verlaag, word daar gefokus op stoelvermoë van kultivars. Met ‘n goeie stoelvermoë, kan die produsent die saaidigtheid optimaliseer sonder om opbrengs in te boet.
Met ‘n laer saaidigtheid, is die plant se ontwikkeling baie sterker en word omvalprobleme en die risiko van siektes verminder. Die vermindering van siektes is ‘n direkte gevolg van beter lig- en lugpenetrasie, wat verhoed
dat gunstige mikroklimate geskep word om siektevestiging te bevoordeel.
Om risiko’s vir die produsent te verlaag, is die LNR-KGI voortdurend besig
om weerstandsgene vir die belangrikste siektes in hul bestaande en toekom-
stige kultivars in te bou. Daar word gekyk na die toleransie van kultivars vir sekere fisiologiese eienskappe soos byvoorbeeld vooroesuitloop-verdraag-
saamheid wat baie belangrik is om die produsent te help beskerm teen graadverlies indien dit sou reën tydens oestyd.
Siektes
Drie verskillende teelprogramme word deur die LNR-KGI aangebied, wat elke gebied se uitdagings aanspreek.
Die grootste teelprogram, die droëland-winterkoringteelprogram, spreek
die uitdagings van die Vrystaat as produksiegebied aan. In hierdie gebied
is Russiese koringluis die belangrikste plaag wat beheer moet word, gevolg deur streep- en blaarroes. Tans is daar ‘n noue samewerking tussen die telers en entomoloë, om die weerstandsvlakke van die huidige sowel as toekomstige kultivars te verhoog teen hierdie plae.
Fokus word in die lente-besproeiingsprogram geplaas op die behoeftes
van al die besproeiingsgebiede. In hierdie gebiede is Fusarium-aarskroei
‘n groot bedreiging en maak die LNR-KGI van molekulêre merker tegnologie gebruik om weerstandsgene in nuwe kultivars en gevorderde lyne in te
bou. Ander siektes wat ook in die program aangespreek word, is streeproes en blaarroes.
Die derde teelprogram is die lente-droëlandprogram, wat kultivars spesifiek vir die Wes-Kaap produksiegebiede ontwikkel (Rûens en Swartland). Stam-
roes is die grootste bedreiging in hierdie gebiede, veral nadat die voorkoms van die Ug99-stamroesras in Suid-Afrika bevestig is. Daar word in hierdie program van molekulêre merkers gebruik gemaak om weerstandsgene te identifiseer in die teelmateriaal. Daar word pro-aktief gepoog om die weer-
standsvlakke teen Ug99 te verhoog in die teelmateriaal, indien hierdie ras
na die Suid-Kaap sou verskuif. Daar word jaarliks teelmateriaal in Kenia getoets vir weerstand teen Ug99, aangesien daar ‘n hoë voorkoms van die ras is, wat dit moontlik maak om betroubare data vanuit veldevaluerings
te verkry. Ander siektes van belang in hierdie produksiegebied, is blaarroes en streeproes.
Vrystelling van nuwe kultivars
Dit neem ‘n koringteler sowat 12 tot 15 jaar om ‘n kultivar vry te stel en gedurende hierdie tydperk is daar talle faktore wat die sukses van die teelprogram kan beïnvloed.
Die mandaat van die teelprogramme is om op ‘n deurlopende basis meer gevorderde, laerisiko, goed aangepaste kultivars vry te stel, wat voldoen aan die verlangde broodbakkwaliteite.
K2 Agri wil ook aan opkomende produsente toegang tot uitstekende genetika gee
– LOMO VAN RENSBURG, BESTURENDE DIREKTEUR: KLEIN KAROO SAAD BEMARKING
Klein Karoo (of K2 Agri soos dit ook bekend staan) belê tans groot bedrae in die teling van nuwe mieliekultivars vir die Suid-Afrikaanse landboutoestande. Ons fokus op twee segmente van die mark: die eerste is die hoëtegnologie-mark wat insluit GMO’s en hoë-opbrengsgenetika wat gefokus is op die optimale opbrengs vir die produsent. Die tweede segment is kultivars wat goed presteer onder strestoestande en nie noodwendig al die GMO’s insluit nie. Hierdie segment word ook ontwikkel om die opkomende produsente toegang tot uitstekende genetika te gee.
Sonneblom en kanola word onder lisensieooreenkomste bemark. Ons het ‘n uitgebreide evaluasieprogram om die korrekte kultivars te selekteer vir Suid-Afrikaanse toestande.
Nuwe vooruitsigte
Klein Karoo is, volgens my kennis, die enigste maatskappy wat kommersieel meer as een GMO-verskaffer se genetika aan die mark bied. Hier het ons toe-
gang tot ‘n wye reeks Bt-, RR- en stapelgeenprodukte.
By sonneblom is ons Clearfield tegnologie wyd gekommersialiseer en produ-
sente het nou toegang tot hierdie nuwe tegnologie in uitstekende genetika. Klein Karoo het in dié verband seker die grootste aanbieding van nuwe tegnologie produkte in die mark. Daar word verskeie nuwe produkte in die mark geloods met hierdie en ander nuwe tegnologie gene.
Ons fokus op ‘n wye verskeidenheid van nuwe tegnologie. Dit sluit die inslui-
ting van GMO’s in nuwe gewasse; nuwe GMO’s; gene wat unieke eienskappe dra, maar nie GMO is nie; saadbehandeling en nuwe produksietegnologie in.
Klein Karoo se teling fokus op hoë opbrengs onder verskillende omstandig-
hede. Die teelprogram sluit in: fokus op die hoëpotensiaal omgewing en stresomstandighede, soos siektedruk, droogte en hitte; asook die algemene staanvermoë van die plant.
Binne die volgende vyf jaar is daar verskeie nuwe kultivars wat die nuwe Mon 89034-geen insluit (nuwe Bt), nuwe stresgene asook verskeie nuwe siektetolerante-kultivars wat vrygestel gaan word. Tans word daaraan gewerk om nuwe kultivars in die mark te loods met eienskappe wat nie op die oomblik kommersieel in die land beskikbaar is nie.
Vir ons bly die sleutel tot tegnologie dat ons die produsent die keuse gee of hy wel die nuwe tegnologie wil gebruik of nie.
Link Seed werk veral op natuurlike onkruiddoder-verdraagsaamheid
op sojabone
– PIETER HERBST, BESTURENDE DIREKTEUR: LINK SEED
Link Seed het verskeie nuwe mielie- en sojakultivars in die pyplyn. Ons werk veral op natuurlike onkruiddoderverdraagsaamheid op sojabone asook aal-
wurmweerstand op mielies en sojabone. Ons doel by teling is om opbrengs te verhoog deur verskeie aspekte by te teel wat minimum stres op die plante plaas, soos onder andere verdraagsaamheid teen blaar- en wortelsiektes.
Monsanto opgewonde oor nuwe tegnologie wat pas vrygestel is as
enkel- en as stapelgeen
– MAGDA DU TOIT, KORPORATIEWE KOMMUNIKASIEBESTUURDER: MONSANTO SS AFRIKA
Nuut by Monsanto is onder andere saadbehandelings, Acceleron (plantge-
sondheidspakket) en nuwe wit- en geelmieliebasters.
Nuwe tegnologie waarna die maatskappy kyk, is Mon 89034 (Genuity YieldGard II), wat pas vrygestel is as enkel- en as stapelgeen; binne die WEMA-program word gekyk na droogteverdraagsaamheid vir Afrika; kommersialisering van die droogteverdraagsaamheidtegnologie (nog ‘n
paar jaar daarvandaan af); stikstofgebruik (nog ‘n paar jaar van kommer-
sialisering af); en tegnologie in sojabone.
Monsanto fokus veral op opbrengs; aanpasbaarheid in Suid-Afrika onder plaaslike omstandighede; aanpasbaarheid in produksiegebiedverband (ooste, weste, KwaZulu-Natal en besproeiing); stabiliteit van ‘n baster oor seisoene; siekteweerstand en -verdraagsaamheid; meerkoppigheid; graankwaliteit; plantgroeitipe; suiwerheid; geenteen woordigheid; en produseerbaarheid as ons teling doen.
Nuwe kultivars wat beplan word
Daar is verskeie produkte waarna gekyk word, maar jaarliks word die pro-
dukte nadat dit van die telers se teel- en toetsprogram kom, deur ons landboukundiges in kommersiële toestande geëvalueer. Ons hou jaarliks
‘n vrystellingsvergadering waar ons dan besluit watter van die basters
in
die kommersiële program sal ingaan. Afhangende van die hoeveelheid saad wat ons dan beskikbaar kan hê, sal die nuwe produkte vrygestel
word. Ons kan wel sê dat daar uitstekende produkte in die Monsanto
Dekalb pyplyn is – beide geel en wit en ook in die besproeiingsegment.
Fokus
Monsanto fokus onder andere op die volgende aspekte as teling gedoen word: opbrengs; aanpasbaarheid in Suid-Afrika onder plaaslike omstan-
dighede; aanpasbaarheid in produksiegebiedverband (ooste, weste, KwaZulu-Natal en besproeiing); stabiliteit van ‘n baster oor seisoene; siekteweerstand en -verdraagsaamheid; meerkoppigheid, graankwaliteit; plantgroeitipe, suiwerheid, geen-teenwoordigheid en produseerbaarheid.
In kommersiële proewe kyk ons ook na die volgende tot voordeel van
die produsent: optimale plantestand vir spesifieke produksiegebiede en optimale opbrengs per kultivar/baster; beste onkruidbeheerprogram-
me/onkruiddoderweerstandsprogramme; insekweerstands programme; saadbehandelings; plantdiepte; pitgrootte; opbrengs; siekteweerstand/ver-
draagsaamheid en bemestingsprogramme.
Pioneer Hi-Bred RSA evalueer vanjaar 30 nuwe sonneblomkultivars van verskillende lande onder Suid-Afrikaanse toestande
– WILLEM ENGELBRECHT, HOOFBESTUURDER: PIONEER HI-BRED RSA
Daar is heelwat nuwe kultivars wat tans geëvalueer word, wat veral beter opbrengste en beter blaarsiektebestandheid het. In sojabone het ons pas die ‘Y’-series kultivars bekendgestel wat baie goed aangepas is in Suid-Afrika en uitstekende opbrengste lewer.
Ons evalueer ook vanjaar 30 nuwe sonneblomkultivars wat van verskillende lande kom om te bepaal hoe goed aanpasbaar hulle in Suid-Afrikaanse toestande is.
Teelprogramme
Evaluasies van die nuutste tegnologie word voortdurend onder ons toe-
stande gedoen en ons kyk veral na nuwe insekbeheer, beter onkruidbeheer en droogteverdraagsaamheid. In die telingsprogram is opbrengs die belang-
rikste eienskap waarvoor geselekteer word.
Ander eienskappe wat van belang is, is staanvermoë, siekteverdraagsaam-
heid, stabiliteit en groeiseisoenlengte.
Jaarliks word nuwe kultivars vir registrasie ingedien en sodra nuwe tegno-
logie vrygestel word, sal dit ook in ons nuwe kultivars vrygestel word.
Siektes
Daar word teen baie siektes geselekteer, maar siekte-evaluasie is nie so eenvoudig nie. Siektedruk vir ‘n bepaalde siekte wissel van jaar tot jaar en daar kan nie teen ‘n siekte geselekteer word as dit nie voorkom nie.
Kopvrot, Diplodia, Fusarium en Gibberella asook blaarsiektes, soos noordelike blaarskroei en bruinroes is die belangrikste. Ou siektes soos kop- en pluim-
brand, waarvan ons al amper vergeet het, begin ook nou in sekere dele probleme gee.
Sensako ondersoek verskeie internasionale verhoudings om voortgesette, volhoubare ontwikkeling en sukses te verseker
– PATRICK GRAHAM, DIREKTEUR: KOMMERSIEEL, SENSAKO EN FRANCOIS KOEKEMOER, DIREKTEUR: KORINGNAVORSING EN -ONTWIKKELING, SENSAKO
Koringteling is ‘n duur oefening waar groot getalle kiemplasma-inskrywings geëvalueer en getoets moet word om genetiese diversiteit te ontwikkel
wat die geteikende karaktereienskappe uitbeeld. Hierdie proses sluit die gebruikmaking van die nuutste beskikbare tegnologie en kiemplasma-hulpbronne in.
Die groot multinasionale landboubesighede het ons geleer dat internasionale netwerke en vennote met toegang tot hierdie hulpbronne noodsaaklik is om voortgesette en volhoubare ontwikkeling en sukses te verseker.
Sensako is tans besig om verskeie internasionale verhoudings te ondersoek en na te streef met organisasies wat toegang het tot geteikende tegnologie en kiemplasma wat ons glo in die toekoms tot voordeel van die Suid-Afri-
kaanse koringprodusent sal wees.
Met die bekendstelling van nuwe tegnologieë, soos die hoë verwerkings-
kapasiteit van molekulêre seleksie wat by die Cengen biotech laboratorium
in Worcester bedryf word, kan teiken-eienskappe geïdentifiseer word en in plaaslike agtergronde opgestapel word.
Sensako beplan om dít te doen, tesame met die uitbreiding van sy dubbele haploïede program wat beide die ontwikkelingsproses sowel as die kom-
mersialisering van nuwe waardetoevoegingskultivars sal verkort.
Die uitkoms van die bogenoemde inisiatiewe moet verbeterde kultivars oplewer anders is die resultaat nie effektief genoeg nie.
Fokus
Sensako is gefokus op die ontwikkeling van koringkultivars wat aangepas
is vir huidige en verwagte toestande. Om hierdie rede is ons fokus op die ontwikkeling van koringvariëteite met verbeterde abiotiese en biotiese stres-
verdraagsaamheid en ‘n beter opbrengs met spesifieke fokus op hittever-
draagsaamheid, droogtestres, siekteweerstand, fisiologiese aanpasbaarheid en souttoleransie.
Die volgende kultivars is onlangs, en gaan in die volgende vyf jaar vrygestel word:
Besproeiing
Kultivars wat onlangs gekommersialiseer is, is SST843, SST877 en SST867.
SST843 het ‘n groot proporsie van die mark oorgeneem omdat die kultivar betekenisvolle besparings ten opsigte van water, elektrisiteit en stikstof teweeggebring het vir produsente. Dié lyn het ook Fusarium infeksies ge-
deeltelik vrygespring, verder het dit uitstekende graderingskwaliteite getoon by verskeie omstandighede en hoëopbrengs vlakke wat gewoonlik geasso-
sieer word met lae proteïeninhoudsvlakke.
Nuwe vrystellings wat binnekort gekommersialiseer gaan word, is SST875, SST884, SST895 en SST896. Die eerste drie kultivars het die afgelope jaar die prestasievlakke van die LNR-proewe oorheers en grootliks die eerste drie plekke ingeneem by al die lokaliteite. SST875 beskik oor die stay green-effek – ‘n eerste vir Suid-Afrika wat gedeeltelike droogteverdraagsaamheid aandui.
SST884 is ‘n ultravinnige groeiperiode kultivar wat selfs huidige prestasie-
vlakke sal oortref. Beide SST895 en SST884 het baie sterk wortelstelsels wat sekere grondgedraagde siektes, soos vrotpootjie beter kan hanteer.
Winterkoring
SST356, SST347, SST387 en SST374 het almal hul merk gemaak in die Vrystaatse droëlandproduksies-areas.
SST398, SST316 en SST317 sal binnekort kommersieel beskikbaar wees. SST398 beskik oor verskeie gene teen Russiese koringluis. SST316 en SST317 is plaasvervangers van SST356 en SST387, en gaan nuwe maat-
stawwe daarstel vir opbrengs, siekteweerstand asook uitloopweerstand.
Winterreënvalstreek
SST047 en SST056 is onlangs gekommersialiseer en SST087 sal binnekort kommersieel beskikbaar wees.
Pannar maak goeie vordering in die ontwikkeling van spuitprogramme en saadbehandelings wat hul produkte komplementeer
– DEON VAN ROOYEN, BESTURENDE DIREKTEUR: PANNAR SAAD
Gevorderde teeltegnologieë ontwikkel teen ‘n steeds toenemende tempo. Dit stel ons in staat om verhoogde voordeel uit ons genetika te verkry deur die konvensionele planteteelprosesse aansienlik te ver kort en ook die teel-
proses doeltreffender en meer akkuraat te bedryf.
Ons voorsien ‘n toename in die gebruik van natuurlike gene wat agrono-
miese eienskappe, soos verbeterde droogte- en siektebestandheid, beter graankwaliteit en spesifieke voedingswaarde-eienskappe, verleen.
Nuwe tegnologie
In samewerking met landbouchemiese maatskappye maak ons baie goeie vordering met die ontwikkeling, evaluasie en kommersialisering van gespe-
sialiseerde spuitprogramme en saadbehandelings wat ons genetika/pro-
dukte komplementeer.
As ‘n lisensiehouer vir etlike GM-eienskappe in Suid-Afrika is ons voortdurend op soek na nuwe GM-eienskappe wat in die Suid-Afrikaanse mark aange-
wend kan word. Dit word in samewerking met die leier tegnologiemaatskap-
pye in die wêreld gedoen.
Die toekomstige tegnologieë wat reeds in die pyplyn is en wat ‘n impak op ons markte sal hê, verwys na droogtebestandheid in mielies, doeltreffender stikstofverbruik, streepsiektebestandheid in mielies, verbeterde oliekwaliteit- en olie-eienskappe in sommige van die oliegewasse (insluitend sonneblom en sojabone) asook verbeterde onkruiddoderbestandheid in sonneblom.
Fokus
Ons primêre fokus bly natuurlik steeds voortdurende opbrengsverbetering
vir produsente in die onderskeie agro-ekologiese streke. Ons kultivars moet aangepas wees vir die gebiede waarin hulle bemark word met betrekking tot eienskappe soos droogte- en siektebestandheid en staanvermoë.
Nuwe kultivars
Ons stel elke jaar nuwe mieliebasters bekend en verwag dat die neiging na vroeër mieliebasters in die toekoms sal voortduur, sowel as na basters wat water en voedingstowwe, soos stikstof, meer doeltreffend sal kan benut.
Met sonneblom verwag ons dat opbrengsvlakke van hoë oleiënsuursonne-
blom en Clearfield sonneblom sal toeneem tot vlakke wat goed met ander konvensionele sonneblombasters sal vergelyk.
Sojabone: Soos die grense van die tradisionele sojaboongebiede in Suid-Afrika uitbrei, sal ons variëteite bekendstel wat meer hitteverdraagsaam is as wat tans beskikbaar is.
Groei in die sorghummark en teling van die gewas sal bepaal word deur nuwe gebruike, soos byvoorbeeld etanol.
Koring
Pannar se koringprogram se hooffokus is om opbrengste te verhoog. Uit-
dagings sluit in veranderde klimaatstoestande, soos warmer en droër winters, wat koringproduksie veral onder droëland in die Vrystaat negatief kan raak – nuwe kultivars sal meer tolerant teen hitte en droogte moet wees.
Die ontwikkeling van kultivars met nuwe bronne van Russiese luis- en roes-
weerstand om die bedreiging en gepaardgaande hoër risiko tot produksie wat die verskyning van nuwe biotipes en patotipes teweeg mag bring, die hoof te kan bied, kry ook deurlopend aandag. Tegnologie wat toegepas word, sluit in die gebruik van merkers om teikengene te kombineer in plaaslik aangepaste agtergronde met die einddoel om die frekwensie van gewenste gene te verhoog in nuut vrygestelde kultivars.
Tans is GM-tegnologie nog nie vrylik beskikbaar op koring nie, alhoewel heel-
wat ontwikkelingswerk internasionaal gedoen word. Ons bly op hoogte van ontwikkelings en wanneer hierdie tegnologie gekommersialiseer word, hoop ons om waar van toepassing ook plaaslik daarvan gebruik te maak.
Sojabone
Die program fokus daarop om die risiko geassosieer met sojaboonverbouing, te verminder. Dit behels die beskikbaarstelling van variëteite wat aanpas-
baar is tot ‘n wye reeks klimaatstoestande. Ons kan ‘n wyer reeks toestande in elke spesifieke area te wagte wees, soos die effek van globale aardver-
warming ons klimaat stelselmatig affekteer. Om dit te beveg, benodig ons ‘n wye aanpasbaarheid in ons kultivars asook toleransie teen stresfaktore, soos hitte en droogte.
Nuwe produkte kom gereeld uit die program na vore. Die volgende genera-
sie van kultivars sluit variëteite met strestoleransie in. Strestoleransie vir droogte asook vir siektes soos Asiese roes, geniet ‘n hoë prioriteit in ons programme.
Siekte
Met die klem wat deesdae geplaas word op hoë opbrengste eerder as sta-
biliteit, sal siekte in hedendaagse basters ‘n groter impak as in die verlede hê. Dit beteken dat bestuurspraktyke dit deeglik in ag sal moet neem.
Hedendaagse agronomiese praktyke dra ook by tot hoë siektedruk (byvoor-
beeld bewaringsbewerking en hoë plantpopulasies).
Met inagneming van bogenoemde, sal die fokus minder op siektebeheer
as sodanig wees, maar meer op algehele risikobestuur ingevolge ‘n geïnte-
greerde volhoubare benadering (soos risikobestuur wat voorkomende swam-
doder-toedienings insluit).
Sommige nuwe siektes, as gevolg van klimaatsverandering asook herver-
skynende siektes weens die fokus op teling, sal vir telers groot uitdagings bied. Teling sal meer moet fokus op siektes wat nie met plaagdoders be-
heer kan word nie – veral kopvrotte wat mikotoksiene produseer wat in menslike voedsel en dierevoeding kan beland en natuurlik nadelig vir die gesondheid is.
Hoë-opbrengsvariëteite sal aangevul moet word deur moderne en veiliger plaagdoders om opbrengspotensiaal te verseker.
Publication: March 2012
Section: Input Overview