August 2012
ESTIE DE VILLIERS, ASSISTENT-REDAKTEUR: SA GRAAN/GRAIN
Neels Ferreira was as voorsitter van Graan SA vir die afgelope ses jaar sinoniem met die baanbrekerswerk wat Graan SA as verteenwoordigende organisasie vir Suid-Afrikaanse graanprodusente verrig. Hy het tydens Graan SA se Kongres in Maart vanjaar uitgetree, maar beslis nie afgetree nie! SA Graan/Grain het met hom gesels om te hoor waarmee hy homself deesdae besig hou.
As Neels terugkyk oor sy loopbaan in georganiseerde landbou, is daar ver-
skeie hoogtepunte wat uitstaan. “In die onlangse verlede was ‘n hoogtepunt die besluit om Graan SA se hoofkantoor na Pretoria te skuif sodat Graan SA ‘n groter rol kan speel in die bepaling van die beleidsomgewing,” het Neels gesê.
Met die skuif Pretoria toe, het personeel soos Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA) en dr Marinda Visser (bestuurder: Bedryfs-
dienste) by Graan SA aangesluit. “Die beskikbaarheid van bekwame perso-
neel, veral personeel van kleur, in die stedelike omgewing is groter as op die platteland. Ek glo dat die beeld van die organisasie by die regering en ander bevolkingsgroepe wat lid van Graan SA is, verbeter het,” verduidelik Neels.
“Daar was ook baie ander hoogtepunte. Verskeie suksesse wat as organi-
sasie behaal is – te veel om op te noem. Ek is trots daarop dat die organisa-
sie ‘n wesenlike verskil maak in die winsgewendheid van graanprodusente en in die lang termyn bydra tot die volhoubaarheid van produsente.”
En laagtepunte? “Waar medeprodusente/ individue jou integriteit in twyfel trek. Dit was vir my ‘n slegte ervaring gewees as ‘n mens só ‘n telefoon-
oproep kry. Dit het so drie keer gedurende my loopbaan gebeur. Ek weet nie
of dié mense weet watter skade hulle aan landbou in die algemeen gedoen het nie,” dink Neels terug.
Die pad vorentoe
Graan SA staan op die vooraand van nuwe dinge. SA Graan/Grain het Neels gevra wat hierdie pad is wat die organisasie, volgens hom, moet loop.
“Ek dink die veranderinge wat ons teweeggebring het toe ek nog daar was, is na my mening die regte rigtingsverandering gewees. ‘n Mens, of dan in hierdie geval ‘n organisasie, moet egter aanpasbaar wees by verande ringe – soos politieke gebeure en ekonomiese realiteite wat nie net in Suid- Afrika nie, maar ook wêreldwyd ‘n invloed het. Jy moet die vermoë hê om te kan aanpas by gebeure waarin jy nie noodwendig insette kan lewer nie en jy as’t ware gedwing word om aan te pas.
“Ek is opgewonde oor die toekoms van die soja-, graansorghum-, koring- en mieliebedryf, want daar het verandering in die wêreldmarkte plaasgevind. Ons fokus nou daarop om invoervervangend te wees – om dít te produseer waaraan ons ‘n tekort het. Doelwitte om meer te produseer van byvoorbeeld koring en sojabone moet ooreengekom word met die regering en dan moet die nodige beleidsverandering gedoen word om dit te bereik. Dieselfde sal geld vir byvoorbeeld hoendervleis. Dit sal die plattelandse ekonomie laat groei en sodoende werksgeleenthede skep.
“Primêre produsente speel vandag ‘n al groter rol in prysbepaling en daar is ‘n groot behoefte en uitbreiding ten opsigte van kapasiteit. Die rede hiervoor is dat die fokus verskuif het – weg van die bekostigbaarheid van voedsel na die beskikbaarheid van voedsel. Die afgelope bemarkingsjaar se uitvoere van veral witmielies na Meksiko is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. Die promo-
vering van ons premium gehalte grane en oliesade by invoerlande, ja ook China, moet gedoen word. Wêreldpryse van alle kommoditeite het onher-
roeplik verander. Daarom glo ek die toekoms vir graanprodusente is baie rooskleurig.”
Gebruik die tegnologie
En watter raad het hy vir ‘n produsent om in pas te bly met die graanmark?
Neels dink nie eers twee keer nie: “Gebruik die nuutste tegnologie en pas dit in jou boerdery toe sodat jy kompeterend kan bly. “Toegang tot die nuutste inligting wêreldwyd is op ‘n daaglikse basis beskikbaar sodat jy ook beter prysbestuur van jou graan- en oliesadeprodukte kan doen.”
Balans
Op ‘n vraag oor hoe hy ‘n balans tussen sy boerdery, persoonlike lewe en sy lewe in georganiseerde landbou gehandhaaf het, antwoord hy ernstig: “Ek weet nie of ek dit altyd reggekry het nie! Dit is baie moeilik as jy 24/7 by die organisasie betrokke is om balans tussen dit, jou boerdery en jou persoon-
like lewe te handhaaf. My selfoon was nooit af gewees nie – dit was dag en nag aan. Selfs al was ek en my vrou, Ina, met vakansie, het ek dit altyd by my gehad. My boerdery en persoonlike lewe het in die proses skade gely.
“Dit is seker maar deel van die opoffering wat ‘n mens maak. Woorde wat my altyd bygebly het, was wat Giel van Zyl (oud-hoofbestuurder van Graan SA) een keer gesê het: ‘As jy ‘n toffie wil wees, moet jy bereid wees om gekou te word.’ “Ek kan nie anders nie as om Ina en my swaer, Pieter, te bedank vir hulle ondersteuning gedurende my tyd by Graan SA.”
Op ‘n ligte noot
Neels lag te lekker uit sy maag as jy hom vra oor ‘n snaakse gebeurtenis wat vir hom vermaaklik was gedurende sy tyd in georganiseerde landbou.
“Daar was baie grappies gewees. Van my wonderlikste ervarings was om ná ‘n vergadering saam met produsente om die braaivleisvuur te staan en na hulle grappies en ervarings te luister. Een storie wat ek nooit sal vergeet nie, was toe die Vaalrivier een jaar in vloed was. Daar was baie vloedskade aan eiendom op die oewers van die rivier gewees. Fanie van Zyl, wat saam met my op Graan SA se Dagbestuur was, se rivierhuis het ook baie skade met die vloede gekry.
“Die dag by die Hoofbestuursvergadering is hy toe baie hartseer oor die skade wat hy gely het. Dirkie Laubscher (wat saam met ons op die Hoof-
bestuur was) sê toe hy het gehoor die eiendom is nou baie geld werd.
“‘Hoe so?’ vra Fanie. Dirkie antwoord toe heel onskuldig: ‘Dit is nou strandfront-erwe!’
“Ek sal in my lewe nooit Fanie se gesigsuitdrukking vergeet nie!”
‘n Tipiese dag
Dit is nou reeds ‘n paar maande sedert Neels as voorsitter van Graan SA uitgetree het, maar tyd vir stilsit was daar nog nie. Ons het hom gevra hoe ‘n tipiese dag vir Neels Ferreira nou verloop.
“As ek nie die hele week (soos hierdie afgelope week) in Pretoria vir verga-
derings is nie, ry ek in die oggend kantoor toe. Ek is nou meer hands-on betrokke by die boerdery. As die boerdery in die oggend aan die gang is, is
ek betrokke by die graanmark. Ek het nou begin om ons graanverhandeling self te doen. As die graanmark 12:00 sluit, is ek op die plase en kyk dat alles reg is. Ek is tot laat besig met administrasie in die kantoor en dan gaan ek een of ander tyd huis toe.”
Neels boer in ‘n vennootskap met sy swaer. In sy tyd as voorsitter van Graan SA, het hy baie op sy swaer gesteun. “Sekere aanpassings sal nou weer in die boerdery gemaak moet word. Alles kan nie oornag verander nie – dit is ‘n proses om die veranderings in te bring.”
Stokperdjies
Neels was ‘n kranige vlieënier en grootkaliberjagter. Hy lag en sê dat hy die afgelope paar maande nog nie eers tyd gehad het daarvoor nie. “Ek beplan nog ernstig daaraan! Ek het darem ‘n jagtog in die vooruitsig.”
Grootkaliber gewere wat gebruik word in die jag van gevaarlike wild, laat sy bloed sommer vinniger pomp. “Ek is baie lief vir gewere en herlaai self al my kalibers se patrone. Jag van grootwild is maar ‘n duur besigheid, so ek jag nie elke jaar nie. Ek sal graag vorentoe meer wil jag – spesifiek weer buffels gaan jag in die Zambezi-vallei.
Gelukkig en tevrede
Neels vertel dat hy op sy gelukkigste by drie plekke is. “In die lande as die mielies en sojabone in Februarie pragtig mooi is, as dit ‘n nat jaar is en die beeste vet is; op my boot op die diepsee naby Sodwana besig om
marlyn te hengel en in die middel van die bos om ‘n kampvuur. Dit is vir my baie lekker.”
Planne vir die toekoms
Net soos wat ‘n produsent is sy boerdery moet diversifiseer om sy risiko te versprei, is Neels tans besig om in ander sektore in die ekonomie, buiten die landbou, te investeer, “maar dit is nog in ‘n beginfase” en hy wil nie
te veel daarop uitbrei nie.
Intussen is dié gesoute hand in die graanbedryf steeds hier en daar betrok-
ke op ‘n komitee of as trustee, en dit is ook goed so, want dit bring mee dat 17 jaar se intensiewe betrokkenheid by landbou nie vir die bedryf verlore is nie.
Sy pad in georganiseerde landbou
Neels se betrokkenheid by georganiseerde landbou het reeds in 1979, ná sy besigheidsbestuurstudies, afgeskop toe hy begin boer het. Hy het op boe-
reverenigingvlak betrokke geraak en aan ‘n studiegroep behoort.
In 1996 verteenwoordig hy sy streek as hoofbestuurslid by die destydse Nasionale Mielieprodusente Organisasie (NAMPO) en van 1998 tot 1999 is Neels op die dagbestuur van NAMPO.
In 1999 ontbind NAMPO, die Nasionale Olie- en Proteïensade Produsente Organisasie (NOPO), die Sorghum Produsente Organisasie (SPO) en die Wintergraan Produsente Organisasie (WPO) en ‘n nuwe organisasie, Graan SA, wat verteenwoordigend van al die graan- en oliesadeprodusente is, word gestig.
Van 2000 tot 2005 is Neels visevoorsitter van Graan SA en word in 2006 tot voorsitter verkies, ‘n hoedanigheid wat hy ten beste uitgevoer het tot hy vanjaar die tuig neergelê het.
Dit beteken egter nie dat hy nie meer betrokke is by georganiseerde landbou nie. Hy is tans nog voorsitter van Agri SA se Bedryfskamer; lid van Agri SA se dagbestuur en algemene raad; en trusteelid van die Mielietrust en Sasol Trust.
Neels het ‘n lang en indrukwekkende CV. Hy was betrokke by verskillende komitees. In kort: Hy was voorsitter van SAGIS; alternatiewelik oor sy termyn was hy voorsitter, visevoorsitter en trusteelid van die Mielietrust; voorsitter van Agri SA se komitee van Landboubemarking: Handel en Nywerheid, betrokke as lid by die JSE se advieskomitee van landboukommoditeite en betrokke by Artikel 7 komitees van die nasionale Bemarkingsraad vir transformasie in die waardeketting en handelsomgewing. Hy verteenwoordig ook Graan SA en Agri SA op verskeie kongresse en buitelandse besoeke.
Publication: August 2012
Section: Other Articles