December 2014
CHARLIE REINHARDT, buitengewone professor in Onkruidwetenskap: Universiteit van Pretoria en dekaan: Villa Academy
Volhoubare landbou die wêreld oor is gebou op die drieledige fondasie van opleiding, navorsing en voorligting. Daar word globaal aan vaar dat dit mank sal gaan met primêre voedselproduksie en voedselsekerheid as slegs een van hierdie drie pilare verswak is of ontbreek (sien Figuur 1).
Dit is algemene kennis dat voorligting van staatskant af aan spesifiek kommersiële produsente in ons land, oneffektief is en selfs totaal ontbreek. Landbounavorsing in Suid Afrika is problematies omdat dit gefragmenteer is tussen die Landbou navorsingsraad (LNR) op streeksvlak en die Departement Landbou, Bosbou en Visserye (DLBV) op nasionale vlak.
In die najaag na internasionale status, wat gemeet word aan internasionale publikasies, doen ons universiteite deesdae in baie gevalle landbounavorsing waarvan relatief min van die uitkomstes plaaslik relevant is.
Gelukkig is daar in die LNR en universiteite steeds eilande van uitnemendheid waar ‘n goeie balans tussen fundamentele en plaaslik relevante navorsing behaal word. Die algemene tendens van minder navorsing vergeleke met die situasie ‘n dekade of twee gelede kan toegeskryf word aan kwynende menslike hulpbronne (spesifiek wat betref spesialis navorsers) en begrotings.
Suid-Afrikaanse landbou is in die gelukkige posisie dat daar innoverende planne in georganiseerde landbou en die privaat sektor gesmee word om landboupraktyke met toekomstige uitdagings tred te laat hou. Graan SA is in alliansie met die LNR en eersgenoemde is ook betrokke by opleiding. Die landbouchemiese maatskappy Villa Crop Protection (Edms) Bpk het in 2012 betrokke geraak by opleiding in oes be skerming met die stigting van die Villa Academy (Edms) Bpk.
Laasgenoemde instansie het onlangs aan soek by die Departement Hoër Onderwys en Opleiding gedoen vir registrasie/akkreditasie van twee kwalifikasies: Hoër sertifikaat (een jaar) en diploma (drie jaar) in oesbeskerming.
Die afgelope dekade of twee was daar verreikende omwentelinge in landbou-op leiding in Suid-Afrika. Landboufakulteite aan verskeie universiteite is met Natuur wetenskapfakulteite saamgesmelt om super fakulteite te skep waarin die fokus van opleiding en navorsing op primêre voedselproduksie, wat toepaslik vir Suid-Afrikaanse land bou is, in baie gevalle getaan het.
Landboukolleges is klaarblyklik slegter daaraan toe, met opleiding wat drasties verswak het tot ‘n vlak wat onlangse ingryping van staatskant genoop het – tyd sal leer of die jongste nasionale plan om landboukolleges te laat herleef suksesvol gaan wees. Onder die tros nuwe universiteite wat onlangs gestig is, is daar ‘n enkele een wat op landbou toegespits gaan wees – dit is bestem om die Laeveld Land bou kollege in Nelspruit te vervang – tyd sal leer watter kwaliteit opleiding en navorsing daar bedryf gaan word.
Bostaande skets ‘n taamlik somber prentjie wat betref die toekomstige beskikbaarheid van innoverende kennis en tegnologie wat nodig is om die Suid-Afrikaanse produsente van primêre voedselprodukte voldoende te bemagtig. Die ander kant van die storie is die positiewe een, waar oplossings gesoek word met behulp van die kennis gesetel in mense en tegnologie wat ontwikkel en bedryf word deur sulke mense.
Produsente wat tot dusver suksesvol bygedra het tot volhoubare voedselproduksie sou dit lankal aan hul eie velle gevoel het. Die druk waaronder hedendaagse kommersiële produsente gebuk gaan is multifaktoriaal van aard – alleenlik toepaslike kennis, ervaring en tegnologie kan die vele uitdagings wat daar in primêre voedselproduksie bestaan, suksesvol die hoof bied.
Langtermynskattings van menslike populasiegroei wys op minstens 3 miljard meer mense teen 2050 as vandag se
6,5 miljard. Van nou tot dan sal primêre voedselproduksie (gewas- en diere produksie) nie kan byhou indien die tegnologie en praktyke wat produsente gebruik nie dra maties gaan ontwikkel en ver beter nie. Nuwe en verbeterde tegnologie benodig mense met kennis en kennis word gebou deur opleiding; en buitendien, wie gaan die opleiers oplei?
In die strewe na langtermynvolhoubaarheid sal produsente verskeie uitdagings moet kan trotseer:
Die mate waartoe produsente bostaande uitdagings sal oorkom, sal wissel van persoon tot persoon en van streek tot streek en selfs van plaas tot plaas. Die “kopklem” kan met 'n “kopskuif” van negatief na positief verander word, mits daar voldoende ondersteuning in die vorm van toepaslike kennis en tegnologie aan produsente beskikbaar is.
Kommersiële produsente het hulself met groot sukses reeds onafhanklik van die staat se gebrekkige voorligtingsdiens gemaak. Dit, anders as in ontwikkelde lande, maak Suid Afrikaanse produsente grootliks afhanklik van voorligting wat deur diensverskaffers (chemiese en saadmaatskappye) gelewer word – sodanige diens is argumenteerbaar nie objektief nie, aangesien die verkoop van produkte deur die adviseur daaraan gekoppel is.
Alhoewel die kennis en ervaring van diensverskaffers/adviseurs in die privaat sektor in die meeste gevalle bo verdenking behoort te wees, kan dit produsente loon om groter klem te plaas op die vlak van opleiding en ervaring van diegene op wie se advies staatgemaak word. Té veel gevalle waarby miljoene rande se skade betrokke kan wees, word jaarliks gerapporteer en in baie gevalle is dit te wyte aan verkeerde advies deur ‘n persoon wat as deskundige optree.
Almal betrokke in die landbou behoort skerper ingestel te wees op goeie, toepaslike opleiding, hetsy gesetel in eksterne adviseurs, die plaasbestuurder/voorman, of in die produsent self. Suid-Afrika is tans geseënd met baie mense wat oor die nodige kundigheid en ervaring beskik om produsente doeltreffend te ondersteun, maar hierdie korps van kundigheid is in die algemeen op die ouderdomsvlak van 50 en ouer. Waar gaan die nuwe geslag kundiges vandaan kom en wie gaan hulle oplei?
Vir meer inligting, kontak gerus vir dr Charlie Reinhardt by 083 442 3427 of dr.charlie.reinhardt@gmail.com.
Publication: December 2014
Section: Relevant