• Login
  • Search Icon

Oliesade-oorsig: Fokus op Suid-Amerikaanse oeste

March 2010

– 15 Februarie 2010
 
PROF JOHAN WILLEMSE, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER
 
Die rekord VSA sojaboonoes is nou in die silo, sowat 92 miljoen ton. Die rekord-mielie-oes is ook basies ingesamel, bykans 335 miljoen ton. Die fokus is nou op die grootte van die Suid-Amerikaanse oliesaadoeste wat in die finale produksiestadium is, waar die produksietoestande die laaste paar weke aansienlik verbeter het. Die aanduidings is dat daar ook rekordoeste behaal gaan word.
 
Hierteenoor is die uitvoerbestellings vir VSA sojabone en -produkte besonder vinnig en dit wil voorkom of daar nie veel onverkoopte voorraad gaan oorbly teen die einde van die bemarkingsjaar nie. Dus is die debat oor die groei in die wêreldverbruik van oliesaadprodukte, want dit gaan die eindvoorraad bepaal.
 
Die verwagting is dat die vraag na oliesaadprodukte sterk gaan bly en dat dit pryse kan stut. Daar is selfs diegene wat tans van mening is dat die dollarpryse hul onderste draaipunte bereik het en besig is met ‘n sikliese herstelfase.
 

Publication: March 2010

Section: Markoorsig

Search