• Login
  • Search Icon

Wenartikel Desember 2010: Opkoms van sonneblom dikwels ‘n kopseer

16 Mar 2011
ANDR? NEL, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE Die opkoms van sonneblom is dikwels nie na wense nie en die resultaat is ‘n onbevredigende stand. Die oorsaak is gewoonlik buite ons beheer. Sonneblom is ‘n gewas wat moeilik vestig, veral op sanderige grond en oorplant weens ‘n swak stand is nie ongewoon nie. Maar wat veroorsaak swak opkoms by sonneblom en wat kan daaraan gedoen word? Kiemkragtigheid Eerstens is dit belangrik om die totale opkomsproses te verstaan. Die eerste gedeelte van opkoms is die ontkieming van die saad en swak opkoms word dikwels verkeerdelik aan swak kiemkragtigheid toegeskryf. Kiemkragtigheid van “vars” saad is gewoonlik nie ‘n probleem nie. Dit word maklik gemeet en voorsorg word gewoonlik getref dat die minimumvereiste van 80% vir sonneblom oortref word. Met kiemkragtigheid van gekoopte saad word daar dan gewoonlik nie fout gevind nie.

https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Des%202010_Opkoms%20v%20sonneblom.pdf