• Login
  • Search Icon

Transnet-tariewe kan landbou knou

29 Sep 2011
Groot kommer heers oor Transnet se jongste aansoek om tariefaanpassings en die groot invloed wat aanpassings op die landboubedryf kan hê. Luidens ’n berig in Business Report (27 September 2011) het di? semistaatsinstelling by die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) aansoek gedoen om ’n styging van 83% in tariewe vir sy nuwe multi-produkpyplyn. Die aansoek is ’n poging om die boukoste van die pyplyn asook ander skuld te delg. Transnet het glo R2,47 miljard se basiese inkomste vir die pyplynafdeling nodig in die 2012/’12-boekjaar. Mnr. Mboniso Sigonela, woordvoerder vir Transnet, sê di? ho?r tariewe sal ’n styging van tussen 5,5c per liter tot 10,6c per liter brandstof vir die verbruiker tot gevolg hê.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/transnet-tariewe-kan-landbou-knou