• Login
  • Search Icon

Tina en swart boere kry stry

19 Aug 2011
’n Klaarblyklike suur verhouding tussen die nuwe organisasie vir swart boere, Afasa (African Farmers’ Association of South Africa), en me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, stuur op ’n katgeveg af nadat Afasa haar by pres. Jacob Zuma verkla het. 'Misluk as minister' Afasa het in ’n brief by Zuma gekla dat Joemat-Pettersson nie die landbousektor na behore verteenwoordig nie en dat hulle nie gelukkig is met haar nie. Mnr. Mike Mlengana, hoofbeampte van Afasa, sê sy misluk as ’n minister vir die landbou en kan nie haar ondernemings gestand doen nie.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/tina-en-swart-boere-kry-stry