05 Jan 2012Opwindende nuwe tegnologiese ontwikkelings wat graanboere se werk sal vergemaklik en opbrengste sal verhoog, wink op die horizon.
S? beloof mnr. Gert Heyns, bemarkingsbestuurder van saad en biotegnologie by Monsanto. Hy het op ’n mediageleentheid buite Pretoria onder meer gepraat oor ’n saadbehandelingsmiddel, Acceleron, wat reeds in Amerika gebruik word om beter beskerming aan saad in die grond te bied.
Die saadbehandeling lei tot ’n beter plantestand, gesonder plante en ’n ho?r opbrengs. Hy sê daar word gehoop om Acceleron binne ’n jaar of twee ook in Suid-Afrika bekend te stel.
http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/saadmiddel-lewer-gesonder-plante