• Login
  • Search Icon

RPO steeds hof toe oor staat, landsgrense

02 Jun 2011
Die Rooivleisbedryfsforum sê hy gaan voort met ’n hofinterdik om die staat te verplig om die landsgrense beter te beskerm teen die uitbreking van siektes, soos bek-en-klouseer. Mnr. Lardus van Zyl, nasionale voorsitter van die Rooivleis-Produsente-organisasie (RPO) het dit gistermiddag bevestig. Van Zyl kon nie sê wanneer di? aansoek aangehoor sal word nie. Die forum wil hê iets moet veral aan die grensdraad met Zimbabwe en die bufferstrook by die Mosambiekse grens gedoen word.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/RPO-steeds-hof-toe-oor-staat-landsgrense-20110601