• Login
  • Search Icon

Plaasdam breek toe golf tref

13 Jun 2011
GLEN.– ’n Yslike slag het ’n bekende boere-familie buite Bloemfontein getref toe die dam op die plaas hier n? die swaar re?n vandeesweek gebreek het. Die dam op die plaas Bishop’s Glen naby Glen het Woensdag omstreeks 10:00 gebreek nadat ’n golf water in die Renosterspruit die wal getref het. Die dam op di? geskiedkundige gewese Duitse sendingstasie 200 jaar gelede is ’n bekende uitspanplek vir hengelaars. Honderde visse, waaronder reuse-babers van tot 2m lank, is in die modder gestrand. Mnr. Mick Quin, eienaar, sê dit sal baie duur wees om die dam te herstel. Hy het gister ingenieurs gaan sien om die moontlike herstel van die wal te bespreek. Hy sê 300ha besproeiingslande is waardeloos sonder die water.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Plaasdam-breek-toe-golf-tref-20110610