• Login
  • Search Icon

Moenie landbou onderskat – ekonoom

09 Sep 2011
Die landbou is nie ’n “Mickey Mouse”-bedryf soos wat dit deur baie individue afgemaak word nie, sê mnr. Johan Pienaar, ’n senior ekonoom van Agri SA. Volgens Pienaar is die Suid-Afrikaanse voedselbedryf sowat R400 miljard sterk en ’n groot deel van di? bedryf is op die landbou aangewese. “Dit maak sowat 25% van die totale ekonomie uit.” “Die sektor is dus nie so klein en weglaatbaar soos baie individue reken nie en moenie so aan politiek blootgestel word soos tans die geval is nie,” meen Pienaar. Pienaar was een van die gassprekers tydens Agri Gauteng se jaarkongres in Pretoria.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/moenie-landbou-onderskat-ekonoom