• Login
  • Search Icon

Mielie-oes met 4,5% oorskat

09 Dec 2011
Die Oesskattingskomitee het die afgelope seisoen se mielie-oes met gemiddeld 4,5% oorskat. D?t in ’n jaar waartydens wisselvallige weer die voorspellers se taak erg belemmer het. Die finale syfers toon dat die oes uiteindelik 10,36 miljoen ton beloop het. Dit sluit werklike aangetekende lewerings van 9,6 miljoen ton tot Oktober vanjaar in. Die 10,36 miljoen ton sluit ook verwagte verdere lewerings van 250 700 ton tot Februarie in, asook beraamde plaas-terughoudings van sowat 474 000 ton. Dit is heelwat laer as verlede jaar se terughoudings.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/mielie-oes-met-45-oorskat