• Login
  • Search Icon

Melk: ‘Kartelle’ nie gou ondersoek

18 Jul 2011
Die groot uittog van veral kleiner melkboere wat weens swak produsentepryse uit die bedryf gedwing word, is ’n ernstige saak van kommer vir die bedryf. Al hoe meer geluide van moontlike kartelvorming in die melkbedryf klink op, asook dat prysvasstelling-meganismes ondersoek moet word. Van die meer as 30 000 melkboere in die middel 1980’s is beduidend minder as 2 600 vandag nog in produksie. Dit het pas bekend geword dat n?g 21 melkboere van die Overberg in die Wes-Kaap in die laaste ses maande die handdoek ingegooi het − en nog gaan hulle dalk volg. Talle melkboere vermoed kartelvormings in di? bedryf, maar dit blyk asof ’n ondersoek daarna nie gou gaan plaasvind nie.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/melk-kartelle-nie-gou-ondersoek