• Login
  • Search Icon

Malema se plan hou ‘katastrofiese implikasies’ in

22 Jun 2011
Die ANC-jeugleier, mnr. Julius Malema, se uiters konflikterende benadering om plase af te vat, hou katastrofiese implikasies vir beleggersvertroue, voedselsekerheid en werkskepping in, sê AgriSA. Mnr. Theo de Jager, adjunk-president, sê kommersi?le boere kan nie gebrandmerk word as sou hulle hul plase onregmatig bekom het en boonop in die pad van grondhervorming staan nie. Malema se opruiende wanvoorstellings kan ook geensins regverdiging vir die staat bied om boere van hul plase te ontneem en min of selfs geen vergoeding nie daarvoor te betaal. De Jager, ook voorsitter van Agri SA se transformasiekomitee, sê elders is reeds met die ekonomiese politiek wat Malema verkondig, ge?ksperimenteer en die rampspoedige resultate daarvan spreek boekdele vir enige objektiewe en realistiese waarnemer.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Malema-se-plan-hou-katastrofiese-implikasies-in-20110621