• Login
  • Search Icon

Landbou begrotingspos - Dr Kraai van Niekerk se toespraak

22 May 2008
21 Mei 2008 Ek wil graag ?n positiewe bydrae maak tot die landboudebat. Die toestand van die departement van landbou en die Minister en Adjunk Minister se optrede en uitsprake, maak dit egter baie moeilik om positief te bly. Daarom het ek besluit om die vele probleme as uitdagings te stel. Hopelik sal die Minister en Adjunk Minister dit hanteer. Ek vertrou dat ondeurdagte politieke idealisme en onkunde oor hoe landbou werklik funksioneer, dan nie ?n rol sal speel nie. VOEDSELSEKURITEIT Van ?n netto uitvoerder van voedsel in die verlede, is Suid-Afrika nou ?n Netto invoerder van voedsel. Dit is direk te wyte aan die regering se onwilligheid om Suid-Afrikaanse boere met wettige tariewe te beskerm teen die invoer van gesubsidieerde kos uit die Buiteland. Dit het veroorsaak dat boere nie meer wins kon maak nie en in plaas daarvan dat 1.3miljoen hektaar onder koring beplant is, net 600duisend hektaar beplant is. Gevolglik het Suid-Afrika voedsel ingevoer wat in Suid-Afrika geproduseer kon word. Indien die Minister van Finansies nie die implikasies hiervan besef in terme van ons buitelandse betalingsbalanse nie, dan val hy in dieselfde onkunde-gat as die huidige Minister van Landbou & Grondsake. Dit is insiggewend dat die grootste en sterkste ekonomie in die w?reld sy subsidies vir landbou verhoog het tot ?n allermintige bedrag van R3500 Miljard Rand terwyl in Suid-Afrika geen subsidies betaal word nie. Ek pleit nie vir direkte subsidies nie, maar vir die bystand van die Staat vir die kommersiele boere ten opsigte van indirekte hulp wat alle lande hul landbou bied soos onder andere sinvolle tariefbeheer. Ek pleit vir ?n kampvegter vir landbou in die kabinet. Ek pleit dat die Minister van Finansies uit sy ignoreringslaap oor die landbou sal wakker skrik voordat die nagmerrie van voedsel tekorte Suid-Afrika tot oproer stu en landbou produksie infrastruktuur in die platteland tot niet gaan. Die uitdaging is groot om voedselsekuriteit in Suid-Afrika vir die groeiende bevolking te verseker. Daar is net +- 700 boere wat 60% van die totale produksie in die land produseer. Hulle benut alreeds die volle potensiaal van die grond tot hulle beskikking. As die regering van die dag WERKLIK VOEDSELSEKURITEIT WIL VERSEKER dan moet die bykans 1 miljoen hektaar ho? potensiaal grond in die ho? re?nval gebiede van ons land, wat tans totaal onbenut is ook in produksie kom. Toevallig is hierdie gronde gele? in die gebiede waar die meeste arm mense bly en die minste ekonomiese ontwikkeling plaasvind. Die navorsing om dit te doen is reeds gedoen. Die gebiede aldaar wat besproei kan word is reeds ge?dentifiseer. Verskeie besproeiingskemas van die verlede l? verwaarloos en die water van die Umzimvubu vloei steeds vryelik na die see te midde van al die miljoene honger mans en vroue wat op die walle leef. Deur hierdie gebiede aan Suid-Afrika se Oos-kus en in die Noorde van ons land in produksie te bring om voedsel te produseer kan Suid-Afrika sy voedsel produksie verdubbel. Dan sal ons werklik vir die eerste keer sinvolle voedselsekuriteit in Suid-Afrika kry sowel as groter prysbestendigheid. Hoekom doen die regering dit nie? Daar bestaan ?n mite dat goedkoop kos maklik geproduseer word op klein plasies en in agterplase. Die werklikheid is dat indien daar nie wins te make is nie, word kos nie geproduseer nie. Die ho? voedsel pryse wat tans geld is ironies ook die stimulant of te wel die aansporing wat sal veroorsaak dat boere meer kos geproduseer. Dit sal uiteindelik weer veroorsaak dat pryse dan dienooreenkomstig die groter aanbod sal verlaag. Landbounavorsing Landbounavorsing is besig om in duie te stort. Die hoofrede hiervoor is die gebrek aan finansies en die feit dat die regering van die dag van navorsers voorligters probeer maak. Die gevolg is die navorsers verlaat die LNR. LNR se apparaat is verouderd. Van die geboue val in mekaar. Van die proefplase, soos in Citrusdal, is vervalle en die geboue geplunder. Entstowwe Onderstepoort Biologies Produkte (OBP) wat entstowwe vir Suid-Afrika se vee bedryf vervaardig gaan jaar na jaar agteruit. Soveel so dat Europa nie meer Suid-Afrikaanse entstowwe koop nie. Die gesondheid van Suid-Afrika se dierestapel is op die spel en daarmee saam internasionale handel van feitlik alle landbouprodukte. Internasionale handel Na die debakel verlede jaar tussen die EU en Suid-Afrika oor die uitvoere van Suid-Afrikaanse landbou produkte na Europa is alles nog nie in plek nie. Die departement van Landbou het nagelaat om inter-regerings ooreenkomste en vereistes na te kom. Was dit nie vir die privaatsektor wat die staat wakker geskud het nie om sy verpligting na te kom, het ons die Europese markte verloor. Dit is vernederend as amptenare hals oor kop met hoed in die hand na Europa toe moet gaan om oplossings te probeer beding en uitstel te vra. Voorligting en infrastruktuur Provinsiale departemente van landbou funksioneer op een na swak. Die opleiding van voornemende voorligters en nuwe boere is by party opleidingskolleges chaoties. Water beperkings Waterbeperkings vir landbougebruik wat deur die departement van waterwese in die vooruitsig gestel word gaan ?n groot impak op landbouproduksie uitoefen. Weet die departement van landbou hiervan en het hulle enige idee van die invloed wat dit op landbou produksie gaan uitoefen. Onteieningswet Die sage oor die konsepwet en die invloed wat dit op landbou sekuriteit kan uitoefen is besig om in die portefeulje komitees bespreek te word. Dit skyn dat die departement van landbou nie die implikasies en die gevolge daarvan ten opsigte van die finansiering van landbou en volgehoue produksie besef nie. Die konsep wet is opgestel sonder om werklik die kundiges in landbou te raadpleeg oor die implikasie daarvan op landbou. Samewerking kommersiele boere ?n Verdere uitdaging is samewerking met die kommersiele boere in Suid-Afrika. Luister ?n slag na mense wat landbou deur en deur ken. Los die klomp slim boekgeleerde adviseurs en vergeet ?n slag van grondsake. Hoekom word die sektor plan ooreenkoms tussen die regering en georganiseerde landbou wat jare gelede deur die President goedgekeur is, nie ge?mplementeer nie? Minister u roem in die voorwoord tot die strategiese plan vir landbou oor die sukses van CASP, LRAD, MAFISA en AGRIB planne. Dit het my verstom! Dit bevestig my indruk en die van vele ander waarnemers dat u nie weet wat op grondvlak aangaan nie. Al kontak wat u werklik het is die partytjies wat u teen groot koste hou wanneer u produktiewe plase aan nuwe eienaars oorhandig sonder dat die nodige meganismes om die volhoubare produktiwiteit daarvan in stand te hou in plek is. Die skemas misluk net so vinnig as wat hulle uitgedink word. Akronieme klink mooi en indrukwekkend, maar beteken niks as daar nie resultate voortspruit nie. Die resultaat is dat op een of twee na alle restitusie en hervormingsplanne misluk. Nuwe boere raak toenemend ontnugter met die regering se planne. Die kommersiele sektor is ook bekommerd oor die toekoms. Hulle is onseker oor die motief van die ANC regering met hulle. Indien die regering suksesvolle boere wil h?, se dan ?n slag so. Hou op om hulle sleg te se of hulle grond summier van hulle af te wil vat. Onthou 96% van alle verkoopbare landbouprodukte word deur 35 kommersiele boere geproduseer en terloops 700 van hulle produseer 60% daarvan. Hierdie boere word elke jaar minder. Landboufinansiering Nog ?n uitdaging is landbou finansiering. Die behoefte vir die regte finansiering geld vir al die boere ? groot en klein. Hoekom misluk die skemas soos MAFISA, CASP LRAD CLARA ens. Die rede is omdat die departement van landbou nie sy verantwoordelikheid kan nakom om die fondse wat daarvoor beskikbaar is tydig reg te administreer en die nodige voorligting daarmee saam te verskaf nie. Kyk maar wat het met Landbank gebeur. Ten opsigte van landbank ? As die skelms in die landbank en die departement nie ge?dentifiseer en uitgeskop word nie, sal landbank nie regkom nie. Aardverwarming ?n Verdere uitdaging is die kwessie van aardverwarming en die inpak daarvan op Suid-Afrikaanse landbou. Het u kennis geneem van wat die laaste 2 jaar in Australi? gebeur het? En die impak van die verwoestende droogte wat hulle ervaar het? Weet u van al die maatre?ls wat die Australiese regering daargestel het om die boere op die plase te hou en die plattelandse ekonomie te beskerm? Niemand weet wat die toekoms vir ons inhou nie. Een ding is egter seker in Suid-Afrikaanse landbou en dit is HIER KOM ?N DROOGTE. Ek wens dit nie die boere of regering toe nie. Dit is ?n totaal ander spel om die situasie in landbou te hanteer indien daar 3 jaar na mekaar min re?n val. Planne hiervoor moet vooraf in plek wees. Persoonlike uitdaging Die laaste uitdaging is ?n uitdaging wat ek direk aan u as persoon wil rig: Landbou en Grondsake is uiteenlopend en kompeterend van aard. Wil u nie die departement van Landbou en Grondsake wat tans onder een Ministerie sorteer van mekaar skei nie, want hulle hoort nie saam nie. Dan bedank u as Minister van Landbou aangesien dit baie duidelik is dat u persoonlike voorkeur by Grondsake l?. KRAAI VAN NIEKERK, LP DA WOORDVOERDER: LANDBOU EN GRONDSAKE

http://www.landbou.com/LandbouWeekblad/Net_op_die_web/0,9484,1294-1297_2319205,00.html