• Login
  • Search Icon

Kleinboere sleutel tot groen ekonomie

10 May 2011
Afrika se sukses in die groen ekonomie is gesetel in sy kleinboere, sê mnr. Jerry Steiner, uitvoerende ondervoorsitter van Monsanto in Amerika. Steiner was een van die sprekers op die Wêreld Ekonomiese Forum oor onder meer hoe Afrikalande die potensiaal van ’n groen ekonomie kan ontgin. Studies wys dat ’n groen ekonomie werkskepping wêreldwyd in sleutelsektore, soos die landbou-, konstruksie-, bosbou- en vervoerbedryf, ’n hupstoot kan gee. Steiner sê stappe moet nou gedoen word om te verseker dat die produktiwiteit van kleinboere verhoog en die waardeketting versterk word.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/kleinboere-sleutel-tot-groen-ekonomie