06 Jan 2012Die groenskrif oor grondhervorming het die vermo? om maatskaplike en politieke bestendigheid in Suider-Afrika te ondermyn, sê mnr. Cornelius Jansen van Rensburg, AfriForum-woordvoerder oor ekonomiese sake.
Di? burgerregte-organisasie het sy kommentaar op die groenskrif ’n dag voor die sperdatum ingedien en sê in sy voorlegging die dokument steun op verkeerde aannames en prosesse om die grondvraagstuk te probeer oplos.
‘‘Dit kan grondwetlike vordering sedert 1994 ongedaan maak,’’ sê Jansen van Rensburg.
http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/groenskrif-ondermyn-grondwet