16 May 2011Hernieubare energiebronne kan teen 2050 in tot 80% van die wêreld se energiebehoeftes voorsien, mits regeringsbeleid die planne hiervoor steun.
D?t blyk uit ’n omvattende studie van sowat 1 000 bladsye wat die VN se gesaghebbende interregeringspaneel oor klimaatsverandering (IPCC) uitgereik het.
Meer as 160 verskillende toekomsscenario’s vir die gebruik van hernieubare energiebronne is ondersoek.
Na raming kan ’n toename in hernieubare energiebronne meebring dat tot 560 gigaton (Gt) CO2-ekwivalent tussen 2010 en 2050 wêreldwyd bespaar word.
http://www.sake24.com/Maatskappye/Landboubesigheid/Groen-energie-kan-in-2050-oorheers-20110516