12 Oct 2011Brandstofmaatskappye het pas vir die vier jaar tot Desember 2015 kwytskelding van sekere aspekte van die Wet op Mededinging gekry sodat hulle kan saamwerk om brandstoftekorte te vermy.
Die Suid-Afrikaanse Brandstofbedryfsvereniging (Sapia) en sy lede het in April verlede jaar om kwytskelding aansoek gedoen nadat hulle wel tydelike kwytskelding gekry het om tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te verseker dat daar genoeg brandstof in die land is.
Die Mededingingskommissie het gister die kwytskelding toegestaan.
http://www.sake24.com/Ekonomie/Brandstofmaatskappye-kry-toegewing-20111011