• Login
  • Search Icon

Boere in krisis weens aanhoudende re

13 Jun 2011
Boere in die Vrystaat sit in ’n krisis weens lande wat onder water is en trekkers en planters wat gedurig in die modder vasval. Mnr. Henk Vermeulen, hoofbestuurder van Vrystaat Landbou (VL), sê sommige boere kan nie stroop of hul lande voorberei om koring te plant nie. Volgens hom is die grond weens die baie re?n versadig. “Die geringste re?n maak dit onmoontlik vir sommige boere om in die lande te kom. Dit is ’n groot krisis.” Mnr. Tonie Rossouw van die Bloemfontein-weerkantoor het gister goeie nuus vir boere gehad. Volgens hom word geen re?n vir die Vrystaat vir die volgende twee weke voorspel nie. Mev. Linda du Plessis van die Bultfontein-distrik sê die kragtige ACO-trekker wat vroe?r ’n Case-trekker uit die modder moes sleep, het twee weke gelede ook vasgeval. Volksblad het op 28 April berig Du Plessis se seun, Van Rooyen van die plaas Voorspoed op Sommerville buite Bultfontein, se trekker het in sy lande vasgeval.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Boere-in-krisis-weens-aanhoudende-reen-20110610