• Login
  • Search Icon

Bedrywe bloei weens bek-en-klouseer

27 May 2011
Varkboere, die rooivleis- en melkbedryf bloei tans weens die opskorting van uitvoere met die uitbreking van bek-en-klouseer, wat gelei het tot die opskorting van die uitvoer van enige diere met gesplete hoewe en talle dierverwante-produkte. Mnr. Simon Streicher, hoof uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie (SAVPO), sê die prys aan boere het sedert die opskorting van die status met 5% gedaal. “Dis meer as R1 per kilogram, wat ’n slag is vir die boer, aangesien hy met meer vleis sit en die plaaslike vraag nie toeneem nie. Ons spook en spartel, ons voel dit.”

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/bedrywe-bloei-weens-bek-en-klouseer