March 2012
GERT KRUGER, HOOF UITVOERENDE BEAMPTE: VAALHARTS WATER VERBRUIKERSVERENIGING
‘n Moderne vloedbesproeiingstelsel is doeltreffend, gefokus op produksie en vereis beperkte bestuurstyd van die produsent. Sowat 80% van die besproeiing in die wêreld word vandag nog met vloedbesproeiing gedoen.
In hierdie artikel word die verskillende benaderings tot vloedbesproeiing verduidelik, met klem op die moontlikhede om “moderne vloedbesproeiing” in Suid-Afrika toe te pas. Die enorme styging in die prys van energie laat elke besproeiingsprodusent weer kyk na stelsels, soos vloedbesproeiing, wat met gravitasie funksioneer.
Hoe werk vloedbesproeiing?
By vloedbesproeiing word grond gebruik om die water vanaf ‘n punt op die land te versprei en terselfdertyd te laat infiltreer. Die stelsel word “deur die produsent vervaardig”. Afhanklik van die omstandighede, is daar twee hoofbenaderings:
Bakbesproeiing
“Saai-damme” of “bakke” (basin irrigation) word gebruik waar die gronde ‘n baie lae infiltrasietempo het, terwyl ‘n ondeurdringbare laag soms deur grondkompaksie geskep word vir rysproduksie (paddy basin). Water word vanaf ‘n sluis in die bak ingekeer en sodoende kan die operateur soveel water as wat nodig is toedien. Die beheer van die sluise kan maklik geoutomatiseer word.
Let op die poeierfyn slikgrond wat deur die Coloradorivier tydens vloede gedeponeer is (Foto 2). Dit is homogeen en meters diep en dus geskik om verskuif te word in die helling en vorm wat die besproeier graag wil hê.
Die infiltrasietempo is uiters laag (0,5 IF of 12,5 mm/uur inname). ‘n Besproeiing van 150 mm kan dus oor 24 uur op die grond toegedien word. Die stroomgrootte wat per voortjie verlang word, is klein (32 mm hewelpyp sal benodig word) en ‘n akker van tot 100 m breed kan dus met ‘n enkele sluis beheer word. Om die hewelpype te laat vloei, is ‘n uur se werk. ‘n Totale tyd van twee ure per leistroom per dag is voldoende.
In Suid-Afrika het ons ongelukkig baie min gronde met hierdie lae infiltrasietempo’s beskikbaar. Dus is die moontlikhede om die VSA tipe vloedbesproeiingstelsels toe te pas, weens ons hoë infiltrasietempogronde, beperk.
Beddingbesproeiing
Op gronde met ‘n hoë tot relatief lae infiltrasietempo word die water teen die helling af gevloei, terwyl dit in die grond infiltreer. Sodra die water wat afvloei teen die helling ‘n bepaalde punt bereik het (of lank genoeg reeds invloei), word die water by die inlaatpunt afgesny en die water dreineer dan afwaarts met die helling totdat daar geen water op die grondoppervlak oor is nie.
Hierdie metode, wat by ons bekend is as “bedding- of voortjiebesproeiing”, kan net toegepas word op diep, eenvormige gronde, waar die infiltrasietempo bekend is en waar goeie ontwerpnorme gevolg word. Die ontwerp moet die variasie in grondvog, grondbewerking en gewasse in ag neem. Hierdie stelsels kan wel onder sekere omstandighede meer bestuursvriendelik en outomaties gemaak word.
Aanpassing by die markekonomie
Die vrye mark dikteer watter gewas die produsent winsgewend kan produseer. In Foto 6 wat op Vaalharts geneem is, is dit duidelik dat die heersende praktyk van spilpuntbesproeiing gestaak sal moet word soos die bome groter word. Hierdie produsent (soos vele ander) beweeg vanaf lae inkomste graanproduksie na hoë inkomste neutverbouing.
Uit Foto 6 is dit duidelik dat die vryemarkstelsel produsente soms dwing om tussen verskillende besproeiingstelsels te migreer. Die gronde in die foto was vir jare (ongeveer vanaf 1943 tot 1998) met hoë doeltreffendheid (85% - 90%) vloedbesproei, waarna spilpuntbesproeiing (85% doeltreffend) met verbouing van winter- en somergraan vir ‘n aantal jare goeie winste verseker het.
Sedert 2008 het lae graanpryse die produsent na pekanneutbome laat beweeg. Die perseel het ‘n ondergrondse watertafel wat 1,5 m diep lê. Op die uitvalshoeke word ouer bome reeds met mikrospuite besproei.
In hierdie sandgrond benat die mikrospuite slegs ‘n aantal klein kolletjies onder ‘n volwasse boom – genoeg om party makrovoedingstowwe toe te dien, maar te min om die totale waterbehoefte aan te vul. Die wortels benut dus die watertafel wat genoeg vog moet voorsien.
As dieselfde tegniek op ‘n “droë perseel” toegepas word, sal daar nie genoeg vog voorsien kan word nie omdat daar nie ‘n watertafel is nie. Meer mikrospuite per boom, laehoek sprinkelaars of vloedbesproeiing (beddings) sou dan beter werk.
Wat het die produsent in Foto 6 in die eerste plek laat wegbeweeg van ‘n doeltreffende vloedbesproeiingstelsel? Waarom het hy nie sy graan onder vloedbesproeiing bly verbou nie?
Die antwoord het ‘n paar komponente:
Opsommend kan gesê word dat die verandering dus vanuit winsmotief plaasgevind het.
Onderhoud van kanale en stelsels is belangrik vir volhoubare besproeiing
Soos reeds verduidelik “vervaardig die produsent vloedbesproeiingstelsels op die plaas” en dit moet dus volgens spesifikasie onderhou word.
Opsomming
Vloedbesproeiing bied vandag steeds moontlikhede binne moderne boerderye.
Ten einde dit optimaal in Suid-Afrika te kan toepas, moet daar innoverend gekyk word na:
Vir meer inligting, kontak Gert Kruger by gertkruger@vhwater.co.za.
Publication: March 2012
Section: Input Overview