Moenie dat jou spilpunt 'n skuldpunt word nie!
December 2009
FELIX REINDERS, LNR-INSTITUUT VIR LANDBOUINGENIEURSWESE
Spilpunte is as gemeganiseerde besproeiingstelsels baie suksesvol weens hul hoë graad van outomatisasie, lae arbeidsbehoefte en relatiewe hoë uniformiteit van toediening.
Iets wat egter die winsgewendheid nou en in die toekoms toenemend kan bedreig, is die toename in bedryfskoste weens die styging in elektrisiteitskoste. Eskom se aankondiging dat hy die prys van elektrisiteit oor die volgende drie jaar met 45% wil verhoog, kan maak dat Suid-Afrika se elektrisiteitstariewe teen 2012 die hoogste ter wêreld kan wees. Die netto effek is dat gebruikers meer as 200% méér vir hulle krag in 2012 gaan betaal.
Dit kom juis in ‘n tyd waarin die konsep van spilpuntbesproeiing sy 60ste bestaansjaar in die wêreld vier en sy 40ste bestaansjaar in Suid-Afrika. Die eerste spilpunt is in 1949 deur ‘n produsent, ‘n sekere mnr Zyback van
Nebraska in die VSA, ontwikkel terwyl die eerste spilpunt in Suid-Afrika in 1969 geïnstalleer was by Soetevelde naby Vereeniging. Vandag is daar by die 300 000 geïnstalleerde spilpuntbesproeiingstelsels in die wêreld.
Spilpunte word ontwerp om ‘n sekere hoeveelheid water (wat ‘n funksie is van die spitsgewas-waterbehoefte in ‘n spesifieke klimaatsone) oor ‘n gegewe area toe te dien. Korrek ontwerpte spilpunte neem kapitale- en bedryfskoste in ag om die totale jaarlikse koste te minimaliseer. Die kapitale koste word aangewend vir die hardeware (pompe,
pype en sproeiers) en die bedryfskoste is wat ons vir die hoeveelheid elektrisiteit en herstelwerk betaal.
Kliek op http://www.graansa.co.za/documents/SAGraan%20Des09_Spilpunt.pdf vir die volledige artikel.Publication: December 2009
Section: Wenartikels