• Login
  • Search Icon

Minder sout of meer opvoeding?

February 2017

CHRISSIE MILES, LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem

Volgens navorsing is Suid-Afrikaners se leefstyl die oorsaakdat hul meer vatbaar is vir hartsiektes en beroertes. DieHeart and Stroke Foundation van Suid-Afrika beweer dat 80% van kardiovaskulêre siektes voorkom kan word deur ʼn leefstyl te volg wat minder sout insluit.

Verskeie kossoorte is dus geïdentifiseer waarvan die soutinhoud verlaag moet word en die eerste verlaging moes reeds teen 30 Junie verlede jaar geïmplementeer gewees het. Brood is as een van die kossoorte geïdentifiseer wat die grootste bydrae lewer tot “verhoogde sout-inname” aangesien dit deel vorm van die grootste deel van die populasie se daaglikse dieet.

Aangesien die LNR-Kleingraaninstituut navorsing op koring (die hoofbestanddeel van brood) doen, het die Instituut besluit om ʼn ondersoek oor brood onder sy personeel te loods. Die resultate het soos volg daar uitgesien:
64% van die personeel het aangedui dat brood deel van hul daaglikse dieet vorm.

  • 64% van die personeel het aangedui dat brood deel van hul daaglikse dieet vorm.
  • Dié 64% eet daagliks gemiddeld 3,5 snytjies per persoon.
  • 81% van die persone voeg addisionele sout by hul brood in die vorm van broodsmere of koue vleis.
  • 62% van die deelnemers het beweer dat brood voldoende sout bevat.
  • 91% het aangedui dat hul bewus is van die risiko indien te veel sout ingeneem word.

Deelnemers was dit eens dat die probleem nie opgelos gaan word deur voedsel se sout-inhoud te verlaag nie, want elke persoon kan steeds sout byvoeg tydens of na die gaarmaakproses en dit geld nie net vir broodverbruik nie. Die publiek moet opgevoed word rakende soutgebruik en moet geleer word om sout oordeelkundig en indien nodig, by te voeg.

Publication: February 2017

Section: On farm level

Search