• Login
  • Search Icon

Meganisering haal baie kopseer uit grondboonverbouing

March 2011

ALBERT COETZEE, TAKBESTUURDER: GAUTENG, ROVIC & LEERS

Baie Suid-Afrikaanse produsente skram weg van die verbouing van grondbone omdat die persepsie bestaan dat dit arbeidsintensief is.

Dit is waar as daar nie gemeganiseer word nie, maar meganisering verander die prentjie nogal baie. Grondbone vereis meer bestuurtyd as mielies, maar die rendement is ook aansienlik beter. Om grondboonverbouing te meganiseer, is dit belangrik dat die regte implemente aangeskaf word wat bymekaar pas.

Die implemente sal dikteer watter rywydtes geplant moet word. In die meganisering van grondboonverbouing is die -uithaler, -skudder en grondboonstroper van uiterste belang.

Die beskikbare toerusting vir die uithaal van die grondbone word vir sekere rywydtes vervaardig en verkeerde aanplantings kan nie in sulke omstandighede met uithalers uitgehaal word nie. Noord-Amerika is die grootste verbouer van grondbone en die meeste produkte word daar ontwerp en vervaardig. Hul omstandighede stem egter baie ooreen met dié van Suider-Afrika.

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Mar%202011_Meganisering.pdf   vir die volledige artikel.

Publication: March 2011

Section: Input Overview

Search