• Login
  • Search Icon

Kontantmarkprys-inligting

September 2011

Week geëindig: 12 Augustus 2011

BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM: MARKOMGEWING, GRAAN SA

Tabel 1 toon ‘n vergelyking van hoe kontantmarkpryse sedert 15 Julie 2011 tot 12 Augustus 2011 verander het. Die onderstaande gee ‘n kort opsomming van die belangrikste veranderings in die tydperk.

Witmielies
Op Mareetsane, Madibogo en Kameel (streek 1) kan produsente steeds ‘n premie van onderskeidelik R36/ton, R16/ton en R22/ton verdien. Nigel se premie het vanaf R35/ton tot R46/ton verhoog. Produsente op Middelburg word ‘n premie van R127/ton aangebied. Ogies en Kendal bied steeds geen premie op witmielies nie, maar Bronkhorstspruit se premie het vanaf R10/ton tot R30/ton verhoog. Marble Hall se premie van R11/ton het egter weggeval. In streek 14 bied Bergville ‘n premie aan van R327/ton vir plaaslaai en R177/ton gelewer by die silo. Ladybrand se premie van R10/ton het gestyg tot R45/ton. Clocolan en Fouriesburg (streek 19) bied ook hoër premies aan van R95/ton. Wesselsbron gee ‘n premie van R25/ton en produsente kan ‘n premie vir hul witmielies op Viljoenskroon en Groenebloem van onderskeidelik R25/ton en R15/ton verdien.

Geelmielies
Daar word steeds geen premie op geelmielies op Mareetsane aangebied nie. Nigel se premie van R3/ton het weggeval terwyl Middelburg ‘n premie van R37/ton aanbied.  ronkhorstspruit se premie van R10/ton het tot R20/ton verhoog, maar Marble Hall bied geen premie meer aan nie. Produsente wat geelmielies aan die meule op Bergville verkoop, kan ‘n premie van R177/ton verdien. Ladybrand bied ‘n premie van R40/ton op geelmielies aan terwyl Clocolan en Fouriesburg nou premies van R90/ton kry. In streek 23 bied Viljoenskroon ‘n premie van R25/ton aan. Bothaville het geen premie op geelmielies nie.

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Sept%2011_Kontantmarkpryse.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: September 2011

Section: Markoorsig

Search