• Login
  • Search Icon

Kontantmarkprys-inligting

May 2011

Week geëindig: 8 April 2011

BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM: MARKOMGEWING, GRAAN SA

Tabel 1 toon ‘n vergelyking van hoe kontantmarkpryse sedert 11 Maart 2011 tot 8 April 2011 verander het.

Witmielies
Nigel se premie het vanaf R17/ton tot R20/ton toegeneem. Produsente op Middelburg en Lydenburg se premie is nog steeds R37/ton. Die premie op Ogies en Kendal het  onderskeidelik vanaf R16/ton tot ‘n diskonto van R43/ton gedaal. Bronkhorstspruit se premie het ook vanaf R16/ton tot ‘n diskonto van R28/ton gedaal. Marble Hall verdien ‘n premie van R17/ton teenoor R26/ton op 11 Maart. Bergville se premie het versterk vanaf R277/ton tot R345/ton terwyl Ladybrand se premie vanaf R80/ton tot R22/ton verswak het.

Geelmielies
Nigel se diskonto het verswak vanaf R15/ton tot ‘n diskonto van R22/ton. Produsente op Middelburg se premie het vanaf R77/ton tot R37/ton verswak terwyl Ladybrand se premie vanaf R60/ton tot ‘n diskonto van R7/ton afgeneem het. Ogies, Kendal, Bronkhorstspruit en Marble Hall verdien geen premie meer nie.

Sorghum
Standerton en Platrand se premies het verlaag vanaf R128/ton tot R98/ton. Sasolburg verdien nou ‘n premie van R133/ton vir GM’s. Die premie op Parys het afgeneem vanaf R273/ton tot R133/ton en Heidelberg kry nou ‘n premie van R87/ton.

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Mei%2011_Graanmark.pdf   vir die volledige artikel.

Publication: May 2011

Section: Markoorsig

Search