• Login
  • Search Icon

Kontantmarkprys-inligting

April 2011

BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM: MARKOMGEWING, GRAAN SA

Tabel 1 toon ‘n vergelyking van hoe kontantmarkpryse sedert 11 Februarie 2011 tot 11 Maart 2011 verander het.

Witmielies
Nigel se premie het vanaf R8/ton tot R17/ton toegeneem. Produsente in Middelburg en op Lydenburg se premie het vanaf R157/ton tot R37/ton afgeneem. Die premie op Ogies, Kendal en Bronkhorstspruit is onderskeidelik R16/ton terwyl Marble Hall ‘n premie van R26/ton verdien. Bergville en Ladybrand se premie het onderskeidelik versterk vanaf
R193/ton en R28/ton tot R277/ton en R80/ton.

Geelmielies
Nigel se diskonto het versterk vanaf R37/ton tot ‘n diskonto van R15/ton. Produsente in Middelburg verdien steeds ‘n premie van R77/ton terwyl Ladybrand se premie vanaf R10/ton tot R60/ton toegeneem het. Ogies, Kendal en Bronkhorstspruit verdien ‘n premie van R6/ton terwyl Marble Hall ‘n premie van R16/ton verdien.

Sorghum
Standerton en Platrand se premies het verhoog vanaf R117/ton tot R128/ton. Sasolburg se premie het afgeneem vanaf R72/ton tot ‘n diskonto van R127/ton vir GM’s. Die premie op Parys het toegeneem vanaf R122/ton tot R273/ton.

Sonneblomsaad
Daar word geen premie vir sonneblomsaad op Kendal, Bronkhorstspruit en Marble Hall aangebied nie. Ladybrand se  premie het verswak vanaf R42/ton tot ‘n diskonto van R33/ton.

Volledige artikel

Publication: April 2011

Section: Markoorsig

Search