February 2011
BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM: MARKOMGEWING, GRAAN SA
Tabel 1 toon ‘n vergelyking van hoe kontantmarkpryse sedert 3 Desember 2010 tot 7 Januarie 2011 verander het.
Witmielies
Nigel se premie het vanaf R7/ton tot R31/ton toegeneem. Produsente in Middelburg se premie het vanaf R157/ton tot R173/ton toegeneem,terwyl die Lydenburg-streek nog steeds ‘n premie van R157/ton verdien. Die premie op Ogies, Kendal en Bronkhorstspruit
is steeds op R16/ton onderskeidelik. Marble Hall verdien ‘n premie van R26/ton en Bergville en Ladybrand se premie het onderskeidelik versterk vanaf R207/ton en R77/ton tot R337/ton en R111/ton. Hennenman se produsente kan nou ‘n premie van R111/ton verdien, teenoor ‘n diskonto van R76/ton op 3 Desember.
Geelmielies
Nigel se premie het vanaf R17/ton tot R28/ton versterk. Produsente in Middelburg en op Ladybrand se premie het onderskeidelik vanaf R37/ton en R58/ton tot R87/ton en R79/ton toegeneem.
Sorghum
Standerton en Platrand bied tans ‘n premie van R88/ton aan. Standerton se premie het versterk vanaf R48/ton en Platrand se premie vanaf R38/ton. Sasolburg se premie het toegeneem vanaf R33/ton tot R133/ton vir GM‘s, maar verdien ‘n diskonto op GH’s. Die premie op Parys het ook toegeneem vanaf R83/ton tot R133/ton. Die premie word nou bereken, afgelei vanaf die Safex-sorghumprys en nie meer afgelei vanaf die Safex-witmielieprys nie.
Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Feb%2011_Graanmark.pdf vir die volledige artikel.
Publication: February 2011
Section: Markoorsig