August 2011
BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM: MARKOMGEWING, GRAAN SA
Tabel 1 toon ‘n vergelyking van hoe kontantmarkpryse sedert 17 Junie 2011 tot 15 Julie 2011 verander het. Onderstaande gee ‘n kort opsomming van die belangrikste veranderings in die tydperk.
Witmielies
Op Mareetsane en Madibogo (Streek 1) kan produsente ‘n premie van onderskeidelik R36/ton en R16/ton verdien. Nigel se premie het vanaf R14/ton tot R35/ton verhoog. Op Middelburg word daar tans ‘n premie van R127/ton aangebied, teenoor R117/ton op 17 Junie. Ogies en Kendal bied steeds geen premie op witmielies aan nie, maar Bronkhorstspruit en Marble Hall bied wel R10/ton en R11/ton aan. In Streek 19 bied Ladybrand ‘n premie van R10/ton en Clocolan en Fouriesburg ‘n premie van R60/ton. Produsente kan ‘n premie vir hul witmielies op Viljoenskroon en Groenebloem van R30/ton verdien.
Geelmielies
Nigel bied tans ‘n premie van R3/ton, Bronkhorstspruit ‘n premie van R10/ton en Marble Hall ‘n premie van R11/ton aan. Ladybrand bied geen premie op geelmielies aan nie, maar die diskonto op Clocolan en Fouriesburg het tot ‘n premie van R50/ton verhoog. In Streek 23 bied Viljoenskroon, Groenebloem en Vierfontein premies van R40/ton aan. Bothaville en Mirage gee ook tans premies van onderskeidelik R20/ton en R40/ton.
Sorghum
Heidelberg se premie het op R37/ton gebly, maar Standerton en Platrand se premies het tot R88/ton verhoog. Die premie op Parys het vanaf R133/ton tot R283/ton toegeneem. Die premie word hoofsaaklik aan produsente wat sorghum na Botswana toe uitvoer, aangebied.
Sonneblomsaad
Kendal en Bronkhorstspruit se diskonto het tot ‘n premie versterk, maar Marble Hall se diskonto het konstant gebly. Ladybrand bied nog ‘n premie van R30/ton aan.
Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Aug%2011_Kontantmarkpryse.pdf vir die volledige artikel.
Publication: August 2011
Section: Markoorsig