• Login
  • Search Icon

Kontantmarkprys-inligting

January 2011

BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM: MARKOMGEWING, GRAAN SA

Die onderstaande Tabel toon ‘n vergelyking van hoe kontantmarkpryse sedert 19 November tot 3 Desember verander het.

Witmielies
Nigel se premie het vanaf R33/ton tot R7/ton afgeneem. Produsente in die Middelburgstreek verdien steeds ‘n premie van R157/ton. Die premie op Ogies, Kendal en Bronkhorstspruit is steeds R16/ton. Marble Hall se premie het versterk vanaf R16/ton tot R26/ton. Daar word steeds ‘n premie van R207/ton op Bergville verdien, terwyl Hennenman se premie van R11/ton weggeval het. Ladybrand se premie het vanaf R60/ton tot R77/ton versterk.

Sorghum
Standerton en Platrand bied tans onderskeidelik ‘n premie van R48/ton en R38/ton aan. Sasolburg se premie is steeds R33/ton, maar het vir GH-graad tot ‘n diskonto verswak. Die premie word nou afgelei van die Safexsorghumprys, nie meer van die Safex-witmielieprys nie.

Sojabone
Produsente op Nigel het op 19 November ‘n premie van R19/ton op hul sojabone verdien. Die premie het egter weggeval en ‘n diskonto van R21/ton word tans verdien. Bronkhorstspruit, Kendal en Marble Hall se premies het afgeneem vanaf R12/ton tot R7/ton. Bergville bied nog ‘n premie van R60/ton aan.

Koring
Marble Hall verdien ‘n premie van R4/ton terwyl Ladybrand se premie vanaf R75/ton tot R18/ton verswak het. Caledon se premie het vanaf R88/ton tot R118/ton versterk.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Jan%202011_Graanmark.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: January 2011

Section: Markoorsig

Search