March 2016
ANNEMIE ERASMUS en HEIDI MEYER, LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom
Gronderosie is ‘n groot omgewings probleem in Suid Afrika wat grond- en waterbronne direk beïn vloed. Boerderypraktyke is aan die verander om water- en winderosie te verminder en dit gaan gepaard met verandering in insekspesies en -populasies.
In terme van gewasbeskerming bied bewaringslandbou ‘n totale ander habitat wat insekte moontlik kan lok en ondersteun in vergelyking met konvensionele bewerking. In ‘n bewaringslandbousisteem is die grond koeler en natter in die somer, terwyl dit in die winter warmer asook natter is as gevolg van plantreste op die grondoppervlak.
Weens ‘n gebrek aan kennis is daar tans onsekerheid oor hoe in sekpopulasies op bewaringslandbou gaan reageer en hoe om dit te beheer. Drie aspekte beïnvloed die insekpopulasie, naamlik of die habitat van insekte aan meganiese versteuring onderwerp word of nie, die teenwoordigheid of gebrek aan plantreste en die eventuele onkruidgemeenskappe wat ontstaan weens die tipe bewerking (konvensioneel of geenbewerking).
Die doel van ‘n onlangse studie was om morfo-spesies wat voorgekom het in kon vensioneel bewerkte lande en be waringslandboulande met mekaar te vergelyk deur te kyk na insekdiversiteit. Die insekte was dus nie tot op spesievlak geïdentifiseer nie, maar was in morfo-spesies verdeel op basis van morfologiese eienskappe.
Insekte is versamel deur gebruik te maak van droë putvalletjies (Foto 1) wat in die grond begrawe word om sodoende insekte wat op die grond teenwoordig is, te vang. Insekte is versamel op vyf lokaliteite naamlik, Ottosdal, Vredefort, Hartbeesfontein, Sannieshof en Kroonstad. Die totale aantal morfo-spesies en die totale aantal insekindividue is getel en met mekaar vergelyk (Foto 2).
‘n Totaal van 9 843 insekindividue, in 120 morfo-spesies van 13 ver skillende insek ordes is versamel. By al vyf lokaliteite was die aantal insekindividue hoër vir bewaringslandbou in vergelyking met die konvensioneel bewerkte lande en in vier van die vyf lokaliteite was die aantal morfospesies ook hoër (Grafiek 1 en Grafiek 2).
Hieruit kan dus afgelei word dat bewaringslandbou die potensiaal het om insekbio diversiteit te bevoordeel.
Die ideaal is om die beste praktyke te implementeer wat insekbiodiversiteit bevoordeel of regenereer. Deur die insekbio diversiteit te verhoog, word die risiko vir insekplaaguitbreke verlaag en word daar sodoende ‘n meer stabiele insekomgewing geskep.
Van hier dan die term “ekosisteemdiens”, wat beteken dat die insekte ‘n diens aan die produsent verrig deurdat die meer stabiele biodiversiteit wat deur bewaringslandbou geskep word, potensiële insekplae kan onderdruk.
Resultate tot dusver wys dus dat die insekbiodiversiteit op die grond hoër was in bewaringslandbou as onder konvensionele bewerkings. Die gevolgtrekking kan daarom gemaak word dat bewaringslandbou ‘n bydrae lewer tot ‘n toename in biodiversiteit. Dit is egter nog steeds belangrik om verdere navorsing op ekosisteemdienste te doen om te bepaal watter voordeel insekte vir produsente inhou indien bewaringslandbou toegepas word.
Vir enige verder navrae skakel dr Annemie Erasmus by 018 299 6113. Ek wil ook graag my dank betuig aan Heidi Meyer wat die bogenoemde data versamel het.
Publication: March 2016
Section: On farm level