• Login
  • Search Icon

Hoeveel gaan dit jou regtig kos om hierdie seisoen te plant?

September 2011

PIETMAN BOTHA, SENIOR LANDBOUNAVOR SINGS KUNDIGE, GRAAN SA

Die persepsie kan bestaan dat saad, diesel, onkruiddoder, plaagdoder en herstelwerk al is wat nodig is om te produseer. Dit kan produsente egter in groot moeilikheid laat beland en jou plaas en alles daarop kan opgeskryf word.

Om nie in hierdie verskriklike slaggat in te ploeg nie, sal daar verseker meer aandag aan beplanning gegee moet word. Die klein jakkalsies wat die wingerd verniel, sal vasgevat moet word en dan praat ons nie eers van die baie keuses wat hierdie tyd van die jaar op produsente se gemoed druk nie.

Wat moet ek produseer? Hoeveel gaan dit my kos om 1 ton van die produk te produseer? Is die huidige termynmarkpryse voldoende om al die koste te dek? Wat moet my graanvertakking se gelykbreekprys of gelykbreekopbrengs wees?

Gelukkig is daar ‘n hulpmiddel om hierdie vrae te beantwoord. Gebruik Graan SA se beplanningsmodel waarmee gewasbegrotings opgestel en sinvolle besluite geneem kan word.

‘n Begroting is niks anders nie as ‘n geskrewe plan wat toekomstige optrede, uitgedruk in fisiese en finansiële groothede, saamvat. 

Aangesien dit om toekomsplanne gaan, word hierdie vooruitbeplanning op vooruitskattings, historiese gegewens, aannames en ondervinding gebaseer. Niemand kan egter die toekoms met al sy risiko’s en onsekerhede akkuraat voorspel nie. In die lig hiervan moet die produsent, as gebruiker van begrotings, daarvan bewus wees dat begrotings asook die aannames waarop dit berus, voortdurend aan veranderinge onderworpe is.

Begrotings moet gevolglik nie as rigiede of vaste planne beskou word nie, maar eerder gesien word as ‘n bestuurshulpmiddel.

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Sep%2011_Koste%20om%20te%20plant_1.pdf   vir die volledige artikel.

Publication: September 2011

Section: Input Overview

Search