• Login
  • Search Icon

Groot gif skuil in goedkoop houers

April 2011

DR GERHARD H VERDOORN, GRIFFON GIFINLIGTINGSENTRUM EN VERENIGING VAN DIEREGESONDHEIDS- EN PLANTBESKERMINGSVERENIGINGS VAN SUID-AFRIKA (AVCASA)

Die koste van landbou-insette is een van die produsent se grootste bekommernisse. Dit vreet aan die winsmarge wat produsente uit hulle oeste verwag en is ‘n wild card wat enige dag ‘n baie negatiewe wending kan neem. Die oomblik wat ‘n politikus verkeerde uitlatings maak, verswak die plaaslike geldeenheid en is ‘n styging in brandstofpryse die produsent se voorland. Dít terwyl niemand daarvoor gevra het nie.

Oesbeskermingsprodukte wat ‘n kritiese rol in die produksie van veilige en bekostigbare voedsel speel, is benewens brandstof, een van die produsent se groot onkostes. Soos wat wêreldmarkte op- en afwaarts beweeg, beïnvloed dit die plaaslike prys van sulke middels omdat die aktiewe bestanddele ingevoer word en soos die olieprys ook na gelang van vraag en aanbod wissel.

Produsente sal onthou dat glifosaatformulasies se prys tydens die Olimpiese Spele in Sjina met skrikwekkende persentasies gestyg het, soveel só dat produsente die plaagdoderindustrie van samespanning begin verdink het. Dit was die resultaat van ‘n totale verbod wat die Sjinese regering teen die vervaardiging van landboumiddels ingestel het tydens die Olimpiese Spele. Ongelukkig dra die plaaslike vervaardigers van plaagdoders ook net soos die produsent die prysskokke wanneer gebeurtenisse in die wêreld   plaagdoderpryse laat styg en word sulke prysskokke noodwendig na die verkoopsvlak afgewentel.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20April%2011_Goedkoop%20houers%20en%20gif.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: April 2011

Section: Wenartikels

Search