August 2016
SAKKIE KOSTER, Pioneer
Grondbewerking het sy grondslag gekry met die eerste ontwerpte ploeg in 1730 met die hoofdoel om onkruid te beheer. Hierdie stelling is nog lank daarna gehuldig, maar soos kennis en insig verbreed het, het daar nog bykomende motiewe vir bewerking ontstaan.
Veral met die koms van chemiese onkruiddoders het die doelwit van onkruidbestryding deur bewerking effens vervaag en het die klem verskuif na koste en doeltreffendheid.
Grondbewerking soos ons dit vandag ken, het ten doel om volgehoue optimale gewasverbouing daar te stel. Dit kan alleenlik verwesentlik word as grondbewaring, vogbewaring, die handhawing van die grondstruktuur en die opbou van grondvrugbaarheid as hoofdoel gestel word.
As ons aan die vereistes van vogbewaring voldoen, volg die ander doelstellings vinnig.
Doelstellings
Dit is bekend dat grondvog een van die grootste enkele beperkende faktore by gewasproduksie in Suid-Afrika is. Dit is daarom noodsaaklik dat die bewerkingspraktyke ingestel moet wees op maksimum benutting van reënwater, wat gestalte vind in vog in filtrasie en -bewaring.
Dit klink onrealisties om in 'n nat seisoen met oortollige water van vogbewaring te praat, maar ons plesier is gewoonlik van korte duur. Die wintermaande is gewoonlik altyd in die Oostelike Hoëveld droog met feitlik geen reënval nie en dit is juis in dié tyd wat ons vog moet bewaar, omdat dit grootliks kan bepaal wanneer ons die volgende seisoen kan begin plant.
Hoe meer vog oorgedra kan word na die volgende seisoen, hoe hoër is die opbrengste in die volgende jaar. Tabel 1 bevestig hierdie stelling waar die braakstelsel meer vog oorgedra het as die bonestelsel, wat weer meer oorgedra het as die monokultuurstelsel.
Daar moet altyd gepoog word om ten spyte van wissellende vogen reënvalsituasies, grondbewerkings- en saadbedvoorbereidings só te kombineer dat die volgende vereistes nagekom word:
Gevaarlike praktyke wat swak vogbenutting tot gevolg het en vermy moet word, is die volgende:
Bewerkings
Weens die groot wisseling in grondtipes wat voorkom, kan bewerking vir die een grondtipe 'n ideale bewerking ten opsigte van vogbewaring en infiltrasie wees, maar kan dieselfde bewering vir ander grondtipes groot gevare inhou.
Die rol van stoppels en plantmateriaal op die oppervlakte kan nie oorbeklemtoon word nie. Soos Tabel 2 aandui, word voginfiltrasie in alle gevalle verhoog met stoppels op die oppervlakte, ongeag die bewerinksmetode.
Net só help stoppels ook om vogverliese teen te werk terwyl die grond ook baie koeler is. Verdamping vanaf 'n stoppelbedekte oppervlakte is minder as vanaf kaal grondoppervlaktes.
Winterbewerkings
Tabel 2 toon duidelik dat winterbewerkings beperk moet word tot bewerkings wat goeie voginfiltrasie lewer en ook goeie vogbewaring tot gevolg het. Bewerkings wat sodanige effekte lewer, is 'n disbewerking of vlak krapbewerkings nadat die stronke platgeslaan is.
Daar is ook negatiewe effekte van bewerking: Gevaartoestande wat kan ontstaan, is wanneer sandgronde herhaaldelik gedis word en 'n te fyn oppervlaktetoestand ontstaan sodat die grond maklik kan toeslaan en voginfiltrasie nadelig beïnvloed word.
Ander gevaarbewerkings is die wetrip-metode waar die grond eers gerip word as die plante reeds ongeveer 30 cm is. As goeie opvolgreën nie gou nadat die bewerking toegepas is voorkom nie, ontstaan 'n baie nadelige uitgedroogte grondtoestand by die plant se wortelstelsel.
Die gebruik van 'n ploeg op gronde van minder as 20% klei mag na 'n teenstelling klink wanneer ons na vogbenutting kyk, maar kan tog regverdig word. Die soort gronde word gewoonlik in die Oostelike Hoëveld eerste geplant mits daar geploeg en geplant word.
Die minimum bogrondse vog word, deurdat die ploeg nat on dergrond na bo bring, verhoog en daar kan dan in die nat grond geplant word. Terselfdertyd lewer 'n ploegbewerking goeie onkruid beheer op die soort gronde wat gewoonlik ook dié is wat neig om te nat te word.
Onkruide beskik oor goedgevormde aggressiewe wortelstelsels en gebruik baie vog wat vir die produksie van graan beskikbaar kon wees. Dit is dus noodsaaklik dat die lande skoon moet wees van onkruid vir effektiewe graanproduksie.
Vogbewaring moet ten alle tye ons oogmerk wees, selfs in oorvloedige reënvaltye. Onnodige vog moet óf gestoor word vir kritiese tye óf van die land verwyder word deur hidrologiese beplanning en beheer. Vog is die grootste faktor wat opbrengste beïnvloed en moet daar so effektief as moontlik daarmee gewerk word.
Dit is noodsaaklik dat die bewerking en beweringsdiepte by die grondtipe pas. Die bewerking moet reg uitgevoer word en die beweringsdiepte moet in 'n profielgat bepaal word. Daar moet ge poog word om die grond so vlak as moontlik te bewerk en die meeste stoppels bo-op die grond gehou word. Stoppel kan die vogbe waringsprodusent se beste vriend wees.
Siektebeheer is ook 'n aspek wat aandag verdien. Soms kan bewerking die siektesiklus breek en sodoende kan die produsent 'n paar siektevry jare verkry.
Bewerking is duur; poog dus om dit so goedkoop moontlik te doen en om nog steeds die gestelde doelwitte te bereik.
Vir meer inligting oor bewerking van gronde in die Oostelike Hoëveld kan Sakkie Koster by 083 678 8485 gekontak word.
Publication: August 2016
Section: Focus on