• Login
  • Search Icon

Finansiële welstand vir plaaswerkers

April 2015

WILLEM VOOGT, bestuurder: Bemarking en Finansies, Graan SA

image

Graan SA en Momentum het hulle tot ‘n opwindende strategiese vennootskap verbind wat Graan SA-lede in staat sal stel om vir hulle en hul plaaswerkers produkte uit te neem ten einde finansiële welstand vir hul plaaswerkers te bring vanaf so min as R29 per maand. Hierdie is maar net een van die voordele wat Graan SA aan sy lede bied as deel van lidmaatskap by die organisasie.

Waarom het Graan SA die inisiatief geneem?

Een van Graan SA se strategiese fokusareas is arbeid. Graan SA het alreeds in 2013 begin met verskeie aksies om goeie arbeidspraktyke te beklemtoon. Terselfdertyd is daar ook ondervind dat ‘n gebrek aan ‘n eenvoudige, maklik toeganklike en bekostigbare oplossing 'n probleem is.

Graan SA het van die geleentheid gebruik gemaak om die beste oplossing te onderhandel namens sy lede.

Wat bied die produk?

Gebaseer op navorsing in die landbousektor, gedoen deur Momentum in 2012, is die volgende sleutelbehoeftes geïdentifiseer in volgorde van belangrikheid:

  • Begrafnisdekking
  • Onderrigvoordeel
  • Hospitaal-kontantvoordeel
  • Lewensdekking
  • Ongeskiktheidsdekking
  • Effektetrust-spaarrekening

Tabel 1 bevat meer inligting rondom elke tipe dekking.

image

Ander voordele van die produk

Die produk belowe om maklik toeganklik te wees met die minimum administrasie vir werkgewers. ‘n Toegewyde inbelsentrum by Momentum hanteer alle administrasie en eise. Begrafnisdekking word ook gewaarborg om binne 48 uur uitbetaal te word mits die nodige dokumentasie soos verlang in orde ontvang word. Momentum beskik ook oor ‘n aanlynstelsel wat werkgewers toelaat om maandeliks die veranderinge aan sy personeelkorps aanlyn op te dateer.

Effektetrust teenoor ‘n pensioenfonds

Ná deeglike oorweging is daar besluit om eerder ‘n spaaropsie beskikbaar te maak in die vorm van ‘n effektetrust. Lede sal merk dat die koste rondom die administrasie van pensioenfondse baie hoog is, veral wanneer dit as ‘n persentasie omreken word. Wanneer die werknemer byvoorbeeld tussen R100 en R200 per maand spaar, kan die maandelikse koste tot R20 beloop, wat uitwerk op tussen 20% en 10% onderskeidelik.

Wanneer die effek van inflasie ingereken word, beteken dit dat pensioenfondse ‘n opbrengs van tot meer as 25% per jaar moet behaal om te verseker dat ‘n werknemer nie agteruit boer nie. Alhoewel effektetrusts nie beheer word deur onttrekkingsvoorwaardes nie, gee dit steeds aan werknemers die geleentheid om koste-effektief vir aftrede te spaar.

Vergelyk appels met appels

Wanneer produsente die produk teen ander produkte in die mark opweeg, is dit belangrik om seker te maak dat jy appels met appels vergelyk. Daar is verskeie voorwaardes betrokke by die tipe produkte wat oorweeg moet word.

Wagperiodes en ander voorwaardes

As deel van die voordele wat Momentum bied, het hul ook die wag periodes gevrywaar met doodsdekking indien die werknemer deel was van ‘n soortgelyke skema. Dit gee werkgewers die nodige gerusstelling dat die wagperiodes nie van toepassing sal wees indien die produk aanvaar word nie. Die wagperiodes se voorwaardes verskil by die verskillende tipes dekking en jy word versoek om noukeurig te let op onderskrywingsvoorwaardes. Dit is ook belangrik om daarop te let dat alle permanente werknemers onder die produk ingesluit moet word om te kwalifiseer. Werkgewers kan wel verskillende opsies vir verskillende werknemers kies, maar alle permanente werknemers moet ingesluit word.

Hoe kry ek toegang tot die produk?

image Graan SA is trots om die voortou te neem in die landbousektor met innoverende oplossings en ons moedig lede aan om deel te neem aan die inisiatief. Opbetaalde lede van Graan SA kan die nodige aansoekvorms aflaai op die Graan SA se webtuiste by www.grainsa.co.za, onder die Ledevoordele-seksie. Lede kan ook die Momentum toegewyde inbelsentrum skakel by 0860 333 334.

Indien jy nie ‘n lid is nie en jy graag toegang tot die produk wil kry, kan jy gerus een van die volgende kontakte skakel by 086 004 7246 om jou lidmaatskap te aktiveer.

Publication: April 2015

Section: Special feedback

Search