July 2016
CHARNÉ MYBURGH, LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom
Charles Darwin, bekend vir sy werk op natuurlike seleksie, het die volgende te sê gehad oor erdwurms: “Dit is te betwyfel of daar baie ander diere is wat so ‘n belangrike rol in die geskiedenis van die wêreld gespeel het as hierdie nederige georganiseerde wesens.”
Erdwurms maak ‘n besondere groot bydrae tot die volhoubare werking van grond-ekostelsels. Deur die funksies wat hulle in die grond verrig, het hulle indirek ‘n invloed op ander organismes, plante groei en mense. Daarom is interaksies met erdwurms van uiterste belang vir die funksionering van grondstelsels.
Grondstelsel
Daar word na erdwurms verwys as die ingenieurs van die grond vanweë die fisiese, chemiese en biologiese veranderinge wat hulle in ‘n grondprofiel teweegbring. Hierdie veranderinge kan die habitat en ak ti witeite van ander organismes in die grond-ekosisteem beïnvloed. Erdwurms beïnvloed die grond-ekosisteem op verskeie maniere:
Grondmikroörganismes
Grondmikroörganismes is noodsaaklik in grond vir die volgende redes:
Hierdie belangrike grondmikroörganismes is meer aktief in gronde waar erdwurms teenwoordig is. Die rede hiervoor is omdat gietsels en tonnels, wat ryk is aan beskikbare voedingstowwe, oor die algemeen groter mikrobiese populasies en mikrobiese biomassa as die omliggende grond bevat.
Erdwurms kan ook mikrobiese aktiwiteit bevorder deur middel van hulle verteringsprosesse, wat hoë fosfatase-aktiwiteit in erdwurmgietsels meebring en vervolgens fosfaatbeskikbaarheid aan plante in die grond bevorder. Erdwurms verlaag verder ook die voorkoms van wortelsiektes soos byvoorbeeld wortelvrot by koring, deurdat hulle op die swam me wat die siektes veroorsaak, voed.
Grondfauna
Die invloed van erdwurms op die populasies en aktiwiteit van grondmikrofauna, naamlik protosoë en nematode, is wyd bestudeer. Aalwurms en protosoë se beweging in grond is beperk aangesien hulle grondvog benodig om te beweeg. Die voedingsaktiwiteite van erdwurms in die grond mag moontlik hierdie mikrofauna beïnvloed deurdat hulle verplaas word na verskillende grondlae wanneer die erdwurms byvoorbeeld organiese materiaal aftrek in die grond in.
Daar is bevind dat erdwurms en protosoë ‘n betekenisvolle invloed op mekaar het. Die teenwoordigheid van erdwurms bevorder mee s - tal protosoë-aktiwiteit en -biomassa in die grond en protosoë is weer belangrik in erdwurms se dieet omdat dit seksuele vol wassenheid bevorder. Aalwurmgetalle in grond is aansienlik laer in die teenwoordigheid van erdwurms. Die rede hiervoor is dat dit saam met plantreste en grond ingeneem en verteer word en sodoende vanuit die grond verwyder word.
Mense
Erdwurms help mense op die volgende wyses:
Slotsom
Erdwurms vervul ‘n legio belangrike rolle in die grond. Hierdie grondingenieurs se rol is dus onlosmaaklik deel van hul inter aksies met ander organismes wat slegs tot voordeel van gewas pro duksiesisteme kan wees.
Publication: July 2016
Section: Focus on